Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SANParks Punda Maria Rest Camp

Selfsorg

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.1
Veiligheid
4.7
Denike L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Des 2023

Ons kuier was lekker, warm en opwindend. 1. Die kampterrein was skoon en daar is baie koeltebome om van te kies. Die ablusieblokke was ook skoon en netjies. Pasop net vir die bobbejane en blouape wat hulself vinnig sal help indien jy iets buite jou tent of karavaan los. Hulle weet hoe om trommels oop te maak, so berg alles in jou tent of kar op. Die personeel is baie vriendelik en behulpsaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Dawn W
1 nag Gesin met tieners
3.8
Apr 2023

Kampplek klein maar gesellig. Ons het in kampplek gebly vir een aand, badkamers was baie netjies.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
5.0

Hervé G
Kort verblyf Saam met vriende
4.4
Okt 2022

A good place to stay and discover the Northern part of the Kruger NP. The tent was simple but clean and comfortable, well situated close to the reception, shop and restaurant. The staff is very friendly and efficient. The water hole is just amazing, night and day, with lots of elephants, impalas, buffalos, monkeys, zebras etc. Interesting also : the architecture of the bungalows, probably build in the 30's.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Neels M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.8
Okt 2022

Heerlik gekuier. Pragtige terrein met baie diere. Braaigeriewe kort aandag. Badkamers en wasgeriewe skoon en netjies.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Pieter O
Kort verblyf Gesin met tieners
4.6
Mrt 2021

Rustig en stil, min mense. Was mooi en lekker. Die ape plae net baie, so sorg maar dat alles toe en gesluit is.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Lourens E
Kort verblyf Saam met vriende
3.2
Apr 2021

Ek is ietwat teleurgestel met die bungalow, fantastiese kort staproete, maar nie die geld werd nie. Ek is teleurgestel in die toestand van die bungalow, die vensterraam wat die muskiete uithou was gebreek, lugversorging het nie gewerk nie en daar was amper geen druk in die stort nie. Alhoewel ons met ontvangs gepraat het voordat ons die trip bespreek het, was daar amper geen selfoonsein of internet nie, dit nadat die ontvangsdame ons verseker het dat die ontvangsarea internet het. Die maintenance mense het wel probeer help met die stort maar kon nie rêrig die probleem oplos nie. Die staproete is pragtig maar kort, daar was 'n klomp pragtige skoenlappers (Azure Hairstreak, Guineafowl, Common Sailors, Orange tips, Brown Veined Whites, African Migrants, Plain Tigers, Zebra Blues asook Bushveld Bronzes.) Die restaurant was puik, heerlike kos en waarde vir geld. In totaal sou ek eerder Skukuza en Lower Sabie aanbeveel, as jy wel verder na Mozambique se grens wil reis is Pafuri 'n beter opsie.

Netheid
4.0
Diens
2.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0

Anja M
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2019

Beste kamp met dam by kampterrein. Dit is een van die beste kampe in die Kruger.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Awie E
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2019

Wildtuin soos dit moet wees. Al die personeel was behulpsaam en vriendelik! Baie netjiese kampterrein met 'n watergat uitkykpunt langs die draad, olifante kom bad en drink gereeld water. Beslis die moeite werd!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elsje B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jul 2019

Lekker rustig. Baie stil en rustig - drinkgat reg langs die kamp - baie gesien.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

LekkeSlaap
Internal ...

Eiendomme 100+

Resensies 1422

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R 343
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 343
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 440 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R524, Krugerwildtuin, Thohoyandou, 1350, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAgW9R1QwEvw1CvJyrzqtx5Qao4t6ysRzSMo3LbUNe8C0Hy5dZbl?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R343 per nag, vir 2 mense 9 5 1 5 Off the R524 Kruger National Park 1350 Limpopo 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -22.691766 31.017414

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang