SANParks Shingwedzi Rest Camp
- Kapasiteit: 598 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vanaf die R81, Krugerwildtuin, Giyani, 0826, Limpopo
- Vanaf R394 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Shingwedzi Rest Camp in die noordelike deel van die wêreldbekende Krugerwildtuin, in die hart van mopanie-wêreld geleë. Waterbokke, njalas, koedoes en olifante word gereeld hier gewaar en voëls is volop. Dié pragtige, rustieke kamp skep 'n natuurlike atmosfeer sonder moderne tegnologie en is die ideale plek om te ontspan.
'n Pragtige wildrit langs die Shingwedzi-rivier in 'n suid-oostelike rigting na die Kanniedooddam is een van die beste ritte in die park. 'n Aand by Shingwedzi is 'n onvergeetlike ervaring. Dis 'n rustieke kamp in die bos. Ervaar magiese aande in ons eenhede wat in 2 aparte sirkels verdeel is en deur die lig van die braaivure verlig word.
Die Shingwedzi-ruskamp bied 'n kafeteria, winkel, restaurant, gemeenskaplike waskamer, vulstasie, gemeenskaplike kombuise en ablusiegeriewe, braaigeriewe, 'n swembad en 'n piekniekarea vir dagbesoekers.
Doendinge by Shingwedzi-ruskamp sluit begeleide boswandelings, wildritte in die aande, oggende en middae saam met ervare veldgidse, films oor wilde diere op die grootskerm (behalwe op Sondae), die Kanniedood-voëlskuiling sowat 7 km oos van die kamp en die Ntishivana-voëlskuiling sowat 30 km oos van die kamp in.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
LekkeSlaap
Internal ...
Eiendomme 100+
Resensies 1381
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Vanaf die R81, Krugerwildtuin, Giyani, 0826, Limpopo
- Gaste dink SANParks Shingwedzi Rest Camp het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Nasionale Krugerwildtuin Limpopo
- Kapasiteit: 598 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vanaf die R81, Krugerwildtuin, Giyani, 0826, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang