Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SANParks Storms River Mouth Rest Camp

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 206 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stormsrivier, Tuinroete Nasionale Park, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
  • Vanaf R838 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

SANParks Storms River Mouth Rest Camp is geleë in die Tsitsikamma-gebied van die prentjiemooi Tuinroete Nasionale Park en is, soos die naam tereg sê, die "plek met baie water".

Tsitsikamma bied 2 ruskampe aan, elk met hul eie toorkuns en bekoring; Storms River Mondkamp en De Vasselot Ruskamp in Natures Valley. Die Storms River Mouth Rest Camp is ongeveer 615 km van Kaapstad, 195 km van Gqeberha (Port Elizabeth) en 68 km van Plettenbergbaai af geleë.

Verblyf is beskikbaar in Oceanettes, oopplan-chalets, gesinshuise, boshutte of 'n losstaande wittebroodhuisie, elk met leefareas en volledig toegeruste selfsorg-kombuise.

Dié park strek oor sowat 5 km na die see en is 'n bewarea vir die seelewe wat in die tussengety-gebied, op die oseaanriwwe en in die oseaan leef. Dolfyne baljaar in die branders en die suidelike noordkapers maak jaarliks hier 'n draai. Die swart oestervanger is een van Suid-Afrika se mees bedreigde voëlspesies en verskeie pare kan net langs die park se rotsagtige kuslyn gewaar word. Die pragtige Knysnaloeries kan in die bos gewaar word. Die Kaapse groototter is 'n skaam spesie wat krappe langs die park se kus jag. Blouduikers en bosbokke word selde gesien, maar kan soms deur die kampe wandel.

Gaste kan die pragtige see, inheemse woude, puik wandelroetes, staproetes, hangbrûe en bootvaarte in die Stormsriviermond Ruskamp geniet.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 117 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.3
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Marizel S
Saam met lewensmaat
5.0
Breathtaking ocean view chalets. Wonderful location, friendly staff. Once again, thanks to Cathy for assisting us with our booking. Lov...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Jonelmi J
Saam met lewensmaat
5.0
Nuwe gunsteling bestemming. Rus vir ons siel! Baie lekker.
Mei 2024
Hilda B
Saam met lewensmaat
5.0
Mooi uitsig en heerlik gebly in goed toegeruste plekkie. Dankie vir geen trapp. Heerlik op die see en pragtig toegeruste plek.
Mei 2024
Maryna B
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike natuurskoon, heelwat roetes om te stap; kampeerplekke op die see, mau. Die verblyf was heerlik. Dit is jammer dat daar nie water in die hut...
Sien meer
Jan 2024
Ronel N
Saam met lewensmaat
5.0
Hut gerieflik en ten volle toegerus. Fantasties. Uitstekende diens.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Thandeka Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 1303

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Stormsrivier, Tuinroete Nasionale Park, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
  • Gaste dink SANParks Storms River Mouth Rest Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R838
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R838
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 206 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stormsrivier, Tuinroete Nasionale Park, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAsorwh7HKfQ36k97NZpYejmyoHtCCnDxZAvPeN7nHCddmlmN1e2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R838 per nag (plek vir 2) 117 5 1 5 Storms River Section Garden Route National Park 6308 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.022511138377 23.896028201189

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang