SANParks Urikaruus Wilderness Camp
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R360, Kgalagadi Transfrontier Park, Upington, 8801, Noord-Kaap
- Vanaf R2 146 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
SANParks Urikaruus Wilderness Camp is ’n onomheinde kamp in die Kgalagadi Transfrontier Park. Gaste mag bevoorreg genoeg wees om troppe springbokke, wildebeeste, kameelperde, leeus en selfs jagluiperds te besigtig sonder om weg van die kamp af te beweeg. Dié verhewe kamp is omring deur kameeldoringbome en bied ’n uitsig oor die watergat op die rivier se oewer. Die bome lok duisende voëls soos sandpatryse, vinke, duiwe en valke, om net ’n paar te noem. Urikaruus is tussen die Twee Rivieren- and Mata-Mata -kampe en is toeganklik met ’n passasiersmotor, maar ’n 4x4-motor met 'n hoë grondvryhoogte en laebestek-ratkas word aanbeveel. Urikaruus Wilderness Camp is 72 km of 2 ure se ry van Twee Rivieren af.
Kgalagadi Transfrontier Park is waar die rooi duine en fynbos in die ewigheid in verdof en gemsbok-, springbok-, eland- en blouwildebeestroppe die seisoene volg, die indringende kameeldoringbome skadu aan die leeus bied, asook uitkykpunte vir die roofvoëls en luiperds. Daar is 5 hekke waar gaste kan in kom in 3 verskillende lande. Die Twee Rivieren-hek bied toegang vanuit Suid-Afrika, die Mata-Mata-hek vanuit Namibië en die Two Rivers-, Mabuasehube- and Kaa-hekke vanuit Botswana.
Die kamp bied verblyf aan in verhewe Riverside Cabins wat op stelte gebou is. Elke hut het 2 enkelbeddens, ’n en suite-stort en ’n wasbak. Daar is ook ’n kombuis was met eetgerei, breekware, ’n yskas-vrieskas en gasstoof toegerus is. Elektrisiteit word via sonkrag aan die hutte voorsien en daar is geen konvensionele kragproppe nie. Elke hut het ’n dek met meubels en braaigeriewe.
Die veld is reg voor die hutte se deur, aangesien die kamp onomhein is. Daar is ’n opgeleide toeriste opsigter te alle tye aan diens. Urikaruus Wilderness Camp het ook ’n watergat.
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
LekkeSlaap
Internal ...
Eiendomme 100+
Resensies 1415
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Langs die R360, Kgalagadi Transfrontier Park, Upington, 8801, Noord-Kaap
Sien meer verblyf in Kgalagadi-streek
- Kapasiteit: 10 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R360, Kgalagadi Transfrontier Park, Upington, 8801, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang