Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SANParks Wilderness Ebb-and-Flow Rest Camp

  • Kapasiteit: 986 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vanaf die N2, Wildernis-gedeelte, Tuinroete Nasionale Park, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R338 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Wildernis-area van die Tuinroete Nasionale Park, strek vanaf die Touwriviermond in die weste na Swartvlei in die ooste en verder, waar dit aan die Goukamma Natuurreservaat grens. Hierdie reservaat sluit die 5 mere en die Serpentinerivier in wat die Island-meer en Touwrivier aan mekaar verbind by die Ebb-and-Flow Rest Camp.

Island-meer is die eerste van 'n reeks mere and is sy naam te danke aan Drommedaris-eiland wat in die middel geleë is. Langvlei is gevorm toe die seevlak heelwat hoër was en is langer as die ander 4 mere. Rondevlei, 'n seewaterkom, is 143 ha groot. Die Ramsar-terrein bied 'n hawe aan verskeie skaars voëlsoorte. Swartvlei strek oor 1100 hektaar en is die grootste en diepste meer. Dit is 'n absolute paradys vir voëlkenners en soutwater-vissermanne.

Hierdie wildernis bied 'n rustige en opwindende wegbreekplek, ideaal vir vakansiegangers en avontuurlustiges. Besoekers kan by Dolphins Point walvis- en dolfynkyk, 'n bootvaart onderneem, visvang by Island-meer of voetslaan na die waterval bo die Ebb-and-Flow Rest Camp. Jy hoef nie 'n fiksheidsvraat te wees om die natuurskoon te geniet nie. Gaan wandel bloot 'n entjie langs die woudpaadjie of besoek een van die 5 voëlskuilings op die oewers van die rivier en meer. Kano's is by die kampterrein te huur sodat gaste op die rivier kan roei. Kom slaan jou tent op langs die rivier of bly in houthutte op stelte.

Die Gesinskothuise beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers, 'n ten volle toegeruste kombuis en vuurmaakplekke binne en buite. Die Woudhutte het 2 of 4 beddens met 'n badkamer en 'n gedeeltelik toegeruste kombuis. 'n Gemeenskaplike kombuis is beskikbaar vir kookdoeleindes. Die verblyf in die Noordkamp is meer bekostigbaar. Die rondawels is basies en word geklassifiseer as sakpasverblyf, maar is steeds toegerus met basiese kombuistoebehore. Al die eenhede word daagliks skoongemaak en beddegoed, handdoeke en seep word voorsien.

Albei kampterreine het plek vir karavane en die staanplekke is aan die oewer van die Touwrivier met gemeenskaplike ablusie- en opwasgeriewe. Gemeenskaplike wasmasjiene wat met munte werk en tuimeldroërs is beskikbaar by die kamp. Sommige van die staanplekke by die Ebb-and-Flow Rest Camp is toegerus met 220 V-kragpunte.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Baie goed

Netheid
3.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
3.7
Diens
4.3
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Lizette D
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie waarde vir geld. Baie lekker gebly. Asemrowende natuur met baie vriendelike diens!
Apr 2024
Renee V
Gesin met klein kinders
5.0
Moeite werd. Het lekker gebly en geslaap. Goed geleë.
Nov 2023
Janita A
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker! Ebb-and-Flow is die perfekte kampterrein vir familievakansies. Ons het heerlik gebly.
Sep 2023
Pieter M
Saam met lewensmaat
4.6
Netheid en stilte. Die kamp met karavaan by Noord Ebb en Flow was fantasties.
Mrt 2024
Stephen T
Saam met vriende
4.6
Beautiful. Ideal location on the river.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Thandeka Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 1303

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Vanaf die N2, Wildernis-gedeelte, Tuinroete Nasionale Park, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink SANParks Wilderness Ebb-and-Flow Rest Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R338
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R338
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 986 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vanaf die N2, Wildernis-gedeelte, Tuinroete Nasionale Park, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAMHZ8qcleySRKVGlZJCfbITQ2EbTCNoiLPvJUpK9EVASPfapbTG?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R338 per nag, vir 2 mense 23 5 1 5 Off the N2 Wilderness Section 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.990840993966 22.608353316464

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang