Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Santa Barbara 16

Selfsorg
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Blaauwberg-weg 63, Santa Barbara 16, Table View, 7439, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Santa Barbara 16 is 'n selfsorgvakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Table View. Dit is 'n ideale opsie vir óf 'n paartjie óf 'n klein gesin wat die kusgedeelte van die Moederstad wil verken.

Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 3 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n enkelbed. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek waar gaste met 'n boek kan ontspan.

Gaste kry veilige parkeerplek in die kompleks. Die ligging van hierdie kompleks is net 'n kort entjie vanaf die strand asook talle winkels en restaurante.

Kamer-opset

Kapasiteit: 3 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Stort
  • Toiletware

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 9 resensies vir Santa Barbara 16
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Jason Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 15

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Blaauwberg-weg 63, Santa Barbara 16, Table View, 7439, Wes-Kaap
  • Gaste dink Santa Barbara 16 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Blaauwberg-weg 63, Santa Barbara 16, Table View, 7439, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1f8c7fd747cc0e15a6640bb25d50c889e91049b0cbc8b1bc0a366751b8c9597d6822059af4e2a25930f48713fa24cd39775a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 3) 9 5 1 5 63 Blaauwberg Road Santa Barbara 16 7439 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-21:00 11:00 -33.823598750052 18.48644

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang