Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Santai Guest House

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.0
Diens
3.7
Veiligheid
4.4
Jenny V
1 nag
4.6
Des 2022

Had a wonderful overnight stay. Property and grounds are beautiful. Security at the gate and walking the grounds. Room 5 shower head needs to be replaced, water goes every were but where you standing. looks like its blocked.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marius J
1 nag Gesin met klein kinders
4.2
Okt 2022

Was baie lekker gewees, sal beslis weer daar oornag. Heel aangenaam gewees en ons het dit baie geniet. Kamer was great!

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Hendrik
Santai Guest House
Goeie môre mnr J van Vuuren, Baie dankie vir u wonderlike terugvoering. Ek deel dit met ons fantastiese personeel. Vriendelike groete en ek hoop om julle gou weer te sien. Hendrik van Vuuren

Jaun S
1 nag Saam met lewensmaat
2.8
Sep 2021

Nie 'n goeie ervaring nie. Die kamer was netjies en skoon, die TV remote het nie gewerk nie, batterye was pap, vir n 4ster gastehuis het hulle nie klein vars melk in die yskas gehad vir koffie nie en geen ander opsie vir koffie behalwe Ricoffee nie. Badkamer was vol spinnerakke en die wasbak se prop is gebreek, so ek kon nie voor die spieël skeer nie. Die badkamer se krane en teëls is nie skoongemaak nie, baie water en seep vlekke. Ons was by 'n troue in Harties en toe ons terug kom het die ander inwoners aan die agterkant harde musiek gespeel en so hard gepraat ons kon nie slaap nie, ek het toe die sel nommer op hulle website gebruik om 'n WhatsApp en SMS te stuur sodat hulle kan plan maak om die geraas te stop maar het geen terugvoer gekry nie. Die ontbyt was heerlik maar net repies bacon, eiers en 'n baie klein boerewors was bedien, ek moes self my toast maak waar ek geen probleem het nie, maar die groot toaster werk net die 2 regterkantste burners, so ons 3 mense moes redelik 'n rukkie wag totdat almal se toast reg was aangesien die hele toaster nie gewerk het nie. Daar was ook geen vrugtesap bedien saam ontbyt nie, toe ek vra vir vrugtesap was daar gesê die manager is van diens af en daar is nie vrugtesap gekoop nie. Die plekmatjies op die tafels was ook vuil en nog van die vorige mense se kos was daar vas gesit het. Die tamatiesous was ook die goedkoop weergawe van All Gold. Dit wil sê dat 'n 4ster gastehuis nie sulke diens en verblyf vir hulle inwoners gewoonlik bied nie. Ek sal definitief nie die gastehuis voorstel aan enige iemand nie. Die gastehuisraad moet dalk 'n paar sterre afhaal. Ek is glad nie beïndruk nie. Vir die bedrag wat ons moes betaal was dit glad nie die moeite werd nie. Ek het net my geld gemors.

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Johann V
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2019

Baie netjies en alles wat nodig is. Die verblyf was baie gemaklik met alles wat nodig was. Hendrik is 'n baie goeie gasheer en ons het lekker geëet by die restaurant.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marius B
1 nag Saam met lewensmaat
3.8
Apr 2019

Was aangename verblyf in veilige omgewing. Ons het laat gearriveer en moes taamlik sukkel om toegang te kry. Santai is naby 'n winkelsentrum waar daar verskeie restaurant is om te gaan eet. Dit is ook in 'n stil omgewing. Enigste irritasie was TV wat in kas ingebou is wat aan voetenent van bed staan. Het deur die nag my voete 'n paar keer teen die kas gestamp.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Clive V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2018

Clean and friendly Nice place to stay and reception friendly.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

David N
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Apr 2018

Gerieflike luukse verblyf. Maklik bereikbaar, netjies, pragtige tuin, baie lekker oorgeslaap en lekker ontbyt geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Lyrishe G
1 nag Besigheidsreis
4.0
Feb 2018

It was a warm and welcoming place to stay, would definitely stay over again. The facilities available were great would probably suggest that a minimum amount of cold beverages be available after hours especially for a business traveller. Enjoyed the size of the room and the cleanliness of the linen including the towels. the breakfast was awesome, the staff are shy but friendly.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Gawie R
1 nag
2.0
Jul 2018

Nie die prys werd nie en ek sal ook nie sê dit is viersterkwaliteit nie. Die kamers is koud en donker. Daar word gesê dat daar koffiefasiliteite in die kamers is, maar daar is geen melk nie. Die handdoeke is klein en daar was ook nie klein handdoekkies gewees nie. Ons was ook nie welkom geheet nie en die ontbyttye het verskil van die op die webwerf. Ons kon toe nie eers die ontbyt geniet waarvoor ons betaal het nie, omdat die ontbyt toe eers agtuur begin het.

Netheid
2.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
2.0
Hendrik
Santai Guest House
Goeiedag Anntonette, Baie dankie dat u die tyd geneem het om 'n oorsig te gee. Daar is wel koffiefasiliteite in die kamer met poeiermelk soos goedgekeur deur die SA Toerisme Raad se gradering. Die handdoeke is wel badhanddoeke soos vereistes bepaal. Elke kamer beskik oor 'n lugreëling wat warm en koud maak. Voldoende "downlighters" asook bedlampies is in elke kamer beskikbaar, weereens soos die gradering vereis. Ons restaurant was oop tot 14:00 en u het 13:00 ingeklok. Ons ontbyte word oor naweke vanaf 08:00 bedien aangesien meeste gaste die vorige aand by 'n troue of funksie was en wil later slaap op Sondag. U was meer as welkom om ons te skakel en 'n vroeër tyd te reël - ons sou u met die grootste plesier tegemoet gekom het. Al ons telefoonnommers is in die welkombrief wat u met aankoms ontvang het en waarop u ook 'n vroeër inboektyd gereël het. Ons beskik oor 'n sekuriteitshek waarvan net die gaste en gewapende patrollie die kode het. Daar is ook 'n wag wat deurgans patrolleer. Vriendelike groete, Hendrik van Vuuren

Roelien K
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2017

Perfekte "honeymoon suite". Ons het heerlik geslaap in 'n romantiese kamer! Die ontbyt was heerlik. Ons kon ook kies net wat ons wou eet!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Hendrik
Santai Guest House
Goeie môre Roelien Baie dankie vir die wonderlike terugvoer. Ons waardeer dit opreg en dit motveer ons om nog beter te doen. Vriendelike groete. Hendrik van Vuuren

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Hendrik Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf
Vanaf R1 750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 750
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 34 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 519 Krokodildrift 446 JQ, De Kroon/Brits, Brits, 0250, Noordwes
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe03e55eef6cdc2c0ecc72a6a8f49c5dd1608a8bb1d813be7559106fb6b90adf844065f4e9651efda0b1735737220ff20711d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750 per nag, vir 2 mense 13 5 1 5 519 Krokodildrift 446 JQ De Kroon/Brits 0250 Noordwes 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.652936115156 27.796090677579

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang