Santorini A-Block Penthouse
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marine-rylaan 99, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 015 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Santorini A-Block Penthouse is 'n moderne selfsorg-srandfrontwoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Margate. Die kompleks is stapafstand vanaf Margate se hoofswemstrand, Margate-pier, restaurante, vermaakgeriewe en winkels.
Dié dakwoonstel het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers met lugversorging en en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer lei na na die balkon met asemrowende see-uitsigte en het 'n TV en 'n yskassie. Daar is 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet met 'n bidet. Die tweede en derde slaapkamers het koningingrootte-beddens en die en suite-badkamers het storte, wasbakke en toilette. Die vierde slaapkamer het 2 stapelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die groot oopplan-leefarea met lugversorging het 'n volledig toegeruste kombuis, eetarea en 2 sitareas. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n sentraal geleë ontbytarea met stoele toegerus. Daar is 'n skottelgoedwasser en wasmasjien in die aparte opwasarea. Die kombuis lei na die eetarea en verder na die sitarea met gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met DStv. Daar is ook 'n lessenaar en 'n omsetter hou die TV, DStv en Wi-Fi tydens kragonderbrekings aan.
Die kombuis lei na 'n omheinde balkon wat as 'n onthaalarea dien. Dit het 'n gasbraai, 'n tweeplaatgasstoof en 'n Jacuzzi, en lei na 'n balkon wat deur manjifieke uitsigte oor die see omring word. Beide leef- en eetareas lei na 'n groot balkon met 180 grade-see-uitsigte.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Stapelbed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Gina Geverifieer
Eiendomme 45
Resensies 238
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Marine-rylaan 99, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Santorini A-Block Penthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Margate Beach Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marine-rylaan 99, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang