Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Santos 23

Selfsorg

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.0
Veiligheid
4.7
Div L
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Nov 2023

Fantastiese ligging. Fantastiese eenheid, veral as jy 70.3 Ironman doen in Mosselbaai. Ligging is ongelooflik en slegs 100m van die wegspring en eindpunt. Perfek vir toeskouers om op die balkon te sit en die wedloop te volg. Sal vir seker weer bespreek. Afhaal van sleutels was vinnig en gerieflik. Dalk twee parkeerplekke beskikbaar stel, indien moontlik, 1 raak soms beperk.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anonieme gas
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Sep 2024

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Frances B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2021

Dit was fantasmagories. Wonderlike ervaring. Seeuitsig is wonderlik. See was rustig en wyd. Ons het soveel kalmte en vrede ervaar. Eenheid was mooi skoon, vars beddegoed.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lynne-mari T
Lang verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Des 2021

2 weke is te kort! Ons het vreeslik lekker gebly. Baie gerieflik met die wasmasjien as jy klein kinders saam het. Al wat wel gepla het is dat dit raserig was met tye. Dis jammer dat die mense wat hulle karre kom spin met klip harde musiek nie verban kan word nie. Maar moet nie dat dit jou keer om daar te bespreek nie.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Wilhelm K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Okt 2021

Sentraal geleë, mooi uitsig! Ligging uitstekend, netjies en ruim spasie. Alle benodigdhede in die kombuis. Genoeg klerekaste. Parkeerplek is veilig. Personeel is vriendelik.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Johan F
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Okt 2020

Het dit baie geniet. Santos 23 is baie netjies en skoon met al die geriewe. Positiewe kritiek net die volgende. Daar word geadverteer dat daar 'n losstaande braai vir die balkon is en op die lys het het die agent dit so afgemerk. Daar is egter geen braai nie. 'n Aspek wat lastig was is dat die sleutel nie by die gebou beskikbaar is nie. Wanneer 'n mens 'n paar honderd km gery het is dit frustrerend om eers na die punt te moet ry waar parkeerplek skaar is om dan die sleutel daar te gaan afhaal. Ook as mens 5 uur die oggend wil vertrek moet jy eers weer na die punt ry met die sleutel - sou net meer gerieflik gewees het indien mens die sleutel by die gebou êrens kon los. Dit is lastig maar sal ons nie verhoed om weer die plek te bespreek nie. Ligging is uitstekend, woonstel is gerieflik en skoon en netjies en alle geriewe is daar. Het baie lekker gekuier en sal beslis weer en ons beveel die plek ten sterkste aan.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Point Geverifieer

Eiendomme 51

Resensies 167

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R 1 805
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 805
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: George-weg 1, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRhZTlkMWRiLTExYjMtNDllYy05NzZhLTNhYWIyZGI1ODM1ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 805 per nag (plek vir 4) 6 5 1 5 1 George Road Mossel Bay 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -34.177918424639 22.135800272226

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang