Santos Beach Flat 29
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: George-weg, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Santos Beach Flat 29 is reg voor die gewilde Santos-strand in die kusdorpie Mosselbaai, die poort tot die skilderagtige Tuinroete, geleë. Daar is verskeie doendinge op jou drumpel, soos swem, visvang, snorkel, en walvis- en dolfynkyk. Die woonstel bied asemrowende uitsigte.
Die woonstel het 2 slaapkamers en 1 badkamer en bied slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en bied beeldskone uitsigte oor Santos-strand. Die tweede kamer is toegerus met 2 enkelbeddens.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser. Daar is ook 'n ontbythoekie met 4 kroegstoele. Die oopplan-leefarea bied gerieflike sitplek en 'n platskerm-TV met volle DStv.
Die woonstel het 'n balkon met patiomeubels en 4 stoele waar jy die beeldskone uitsigte oor die strand, die hawe en die dorp kan indrink. Daar is ook draagbare braaigeriewe beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Suleen Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 27
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- George-weg, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink Santos Beach Flat 29 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Santosbaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: George-weg, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang