Satoris
Kry 15% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Falls View-weg 3, Everton, Kloof, Durban, 3610, KwaZulu-Natal
- Vanaf R988 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Satoris is in 'n doodloopstraat in die luukse, lowerryke woonbuurt Everton geleë en strek oor 2,6 hektaar. Hierdie verblyf strek ook tot by die kloof en die Mpithi-waterval is net anderkant die heining.
Verblyf word in 2 ruim en elegante eenhede gebied wat elk slaapplek vir 2 gaste het. Die eenhede is naby mekaar, maar bied ook privaatheid en rustigheid. Elke eenheid het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak, verhitte handdoekreling en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Elkeen van die eenhede beskik oor 'n kombuisies wat met 'n yskassie, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook stoele en gratis WiFi.
Hierdie verblyf is met rugsteunkrag toegerus wat krag aan die beligting, en WiFi tydens kragonderbrekings voorsien. Daar is ook voorsiening vir rugsteunwater.
Parkeerplek is op die perseel, naby die kamers beskikbaar. Hierdie area is veilig en het gereelde patrollies en kameras.
Hierdie verblyf is ongeveer 4 km vanaf die M13, King Cetshwayo-hoofweg, en is 'n primêre roete na Durban en Pietermaritzburg. Die ligging sorg vir 'n vinnige rit na verskeie geriewe en besienswaardighede in die omgewing.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Cindy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Falls View-weg 3, Everton, Kloof, Durban, 3610, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Satoris het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kloof KranztKloof Nature Reserve Durban KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Falls View-weg 3, Everton, Kloof, Durban, 3610, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang