Sausage Tree Safari Camp
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 12:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cambridge 25, Sable-weg, Balule (Olifants West) Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R13 600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Sausage Tree Safari Camp is in die Balule Natuurreservaat geleë. Gaste kan gereed wees om besondere wild en ongelooflike uitsigte te sien, want die perseel se grens aan die Krugerwildtuin is oop, en die Noordelike Drakensberge bied 'n majestueuse agtergrond. Hierdie kamp wat deur 'n familie besit en bestuur word, is trots op sy warm atmosfeer, heerlike kos, pragtige uitsigte en Afrika-styl safari-tente. Hier kan jy die natuur in 'n rustige omgewing opnuut ervaar en jou skoene uitskop en net jouself wees.
Die Afrika-styl safari-tente is tussen die Maroela-, Knoppiesdoring- en Worsbome versteek en bied 'n uitsig oor 'n droë rivierbedding, die bos en die Noordelike Drakensberge. Elke tent is ruim en verhewe met sy eie spesiale uitsig. Elke tent is volledig gemeubileer en het 'n privaat dek en 'n en suite-badkamer met 'n bad en buitestort. Elke tent het ook lugversorging wat of met 'n omsetter werk of ekovriendelik is. Dit verseker dat gaste gedurende warm somersnagte koel sal slaap, en as die koue kom klop, kan dieselfde lugversorgingseenhede gaste snoesig en warm hou. Daar is inseknette op alle vensters en deure om insekte buite te hou.
In die hoofontvangsarea kan besoekers luilekker namiddae in die sitkamer geniet. Daar is ook 'n eetarea om besoekers droog te hou as dit reën. Die kroeg bied eersteklas Suid-Afrikaanse wyne, en op die oop dek buite is daar 'n versonke swembad en 'n vuurmaakplek waar gaste magiese Afrika-nagte te wagte kan wees. Gedurende die dag bied die dek pragtige uitsigte oor die omliggende bos, droë rivierbedding, watergat en berge in die agtergrond. Sausage Tree Safari Camp se inwonende personeel sal seker maak dat jy jou verblyf onvergeetlik is.
Gaste kan 'n lantern-beligte aandete in die boma of op die oop dek onder die Afrika-sterrehemel geniet. Ontbyt en middagete word op die oop dek met 'n uitsig oor die bos en watergat bedien. Verskeie diere besoek gereeld die watergat deur die loop van die dag. Sonsopkoms- en sonsondergang-safari's in oop 4x4-voertuie is definitief die hoogtepunt van elke dag. Met professionele veldwagters en gidse kan gaste elke dag na Afrika se beroemde verskeidenheid soogdiere en voëls gaan soek. Diere wat gaste te wagte kan wees sluit kameelperde, sebras, Afrika-visarende, aasvoëls en die bekende Groot 5, naamlik die leeu, olifant, renoster, luiperd en buffel, in.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
James Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Cambridge 25, Sable-weg, Balule (Olifants West) Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Sausage Tree Safari Camp het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 12:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cambridge 25, Sable-weg, Balule (Olifants West) Natuurreservaat, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang