Schanskop 10
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Herman Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 43
Op LekkeSlaap 1 jaar
Opsomming van Resensie
Pieter B - Aug 2024
Algehele gradering
Pragtig vriendelike mense en baie veilig.
Schanskop 10 se terugvoer
Beste Pieter, Dit was voorwaar ʼn voorreg en plesier om sulke gemaklike en vriendelike gaste te ontvang, voel soos ou vriende wat kom kuier het. Ons hoop om julle weer in die nabye toekoms te kan onthaal. Vriendelike groete, Schanskop 10.
Joanna B - Aug 2024
Algehele gradering
Gerieflil, skoon en netjies. Rustige atmosfeer.
Schanskop 10 se terugvoer
Beste Joanna, Ons waardeer jou mooi kommentaar ten seerste en wil jou gelukwens met sulke pragtige, opgevoede en vriendelike, gemanierde kinders. Dis voorwaar 'n plesier en voorreg om julle tot diens te kon wees en hoop om julle gou weer te sien.
Vriendelike groete, Schanskop 10.
Fiona V - Jul 2024
Algehele gradering
Ongelooflike vriendelike mense en pragtige plek.
Schanskop 10 se terugvoer
Beste Fiona, dit is net 'n voorreg om julle tot diens te kon wees, wees verseker dat julle altyd welkom by ons sal wees. Vriendelike groete,
Schanskop 10.
Janine L - Jul 2024
Algehele gradering
Heerlik.
Schanskop 10 se terugvoer
Beste Janine, Dis voorwaar lekker om ou gaste terug te verwelkom.
Vriendelike groete,
Schanskop 10.
Annalize U - Jun 2024
Algehele gradering
Wonderlik.
Schanskop 10 se terugvoer
Beste Annalize, baie dankie vir jou mooi resensie. Jy kan trots wees op twee sulke pragtige en voorbeeldige kinders. Julle sal altyd met oop arms ontvang word. Vriendelike groete, Schanskop 10.
Elanda B - Jun 2024
Algehele gradering
Awesomeness.
Schanskop 10 se terugvoer
Hi Elanda, baie dankie vir die pragtige resensie, dit word opreg waardeer. Soos ons reeds vir jou gesê het, jy's altyd welkom. Vriendelike groete, Schanskop 10.
Veronique V - Mei 2024
Algehele gradering
Will recommend to anyone.
Schanskop 10 se terugvoer
Hi Veronique, thank you for your excellent feedback. Rest assured that we rate you as guests just as highly and hope to see you again.
Kind regards,
Schanskop 10
Ja L - Mei 2024
Algehele gradering
Sal verseker weer daar gaan bly as ek Middelburg omgewing is.
Schanskop 10 se terugvoer
Beste Hans,
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer en die voorstelle ter verbetering wat jy gemaak het. Dit word hoog op prys gestel en die verbeterings is in die proses.
Vriendelike groete, Schanskop 10.
Wouter V - Mei 2024
Algehele gradering
Pragtig, netjies, skoon en vriendelike mense!
Schanskop 10 se terugvoer
Hallo Wouter,
Kan maar net sê ditto wat vriendelikheid en innemend betref, ons geniet dit om sulke puik gaste te ontvang.
Vriendelike groete, Schanskop 10.
Melanie F - Apr 2024
Algehele gradering
Rustig en genotvol.
Schanskop 10 se terugvoer
Beste Melanie,
Dit was vir ons 'n voorreg en 'n plesier om jou te kon ontmoet en te kon huisves. Hoop om jou in die toekoms weer te sien (sal jou sekerlik kom opsoek as ons weer Kaap toe gaan).
Vriendelike groete,
Schanskop 10.
Shaun S - Apr 2024
Algehele gradering
Perfek, dankie.
Schanskop 10 se terugvoer
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer Shaun, hoop om julle by die volgende Loskop Marathon weer te sien.
Vriendelike groete, Schanskop 10.
Belinda L - Apr 2024
Algehele gradering
Rustige skoon plek met alles wat jy nodig het.
Schanskop 10 se terugvoer
Beste Belinda, dit was aangenaam om julle te kon ontvang en huisves. Wees verseker dat julle altyd welkom sal wees, al is dit net vir 'n koffietjie so in die verbygaan. Vriendelike groete Schanskop 10.
Dirk V - Mrt 2024
Algehele gradering
Kan nie vir enige iets meer gevra het nie. Dankie.
Schanskop 10 se terugvoer
Hallo Dirk, baie dankie vir jou mooi woorde, dit word opreg waardeer. Eintlik is ons julle so 'n resensie verskuldig want julle was waarlik puik gaste met pragtige en gemanierde kinders vir wie ons alles sal uithaal om julle tevrede te stel. Hoop van harte om julle weer te kan onthaal in die toekoms. Vriendelike groete, Schanskop 10.
Joanna B - Feb 2024
Algehele gradering
Ons het so welkom gevoel, baie goeie waarde vir geld. Beveel die gastehuis aan.
Schanskop 10 se terugvoer
Beste Joanna, baie dankie vir jou mooi woorde. Julle kan opreg trots wees op julle pragtige en voorbeeldige kinders. Wees verseker, julle sal altyd welkom wees by ons. Vriendelike groete, Schanskop 10.
Melanie W - Jan 2024
Algehele gradering
Pragtige oornag verblyf.
Schanskop 10 se terugvoer
Beste Melanie, julle was waarlik voorkeur puik gaste en sal altyd meer as welkom by ons wees. Vriendelike groete, Schanskop 10.
Adéle F - Jul 2024
Algehele gradering
Will recommend stay for 2 adults, with no children.
Schanskop 10 se terugvoer
Thanks for your positive comment Adéle, I trust you enjoyed your stay. Kind regards, Schanskop 10.
Angelique O - Des 2023
Algehele gradering
Wonderlik.
Schanskop 10 se terugvoer
Beste Angelique,
Baie dankie vir die puik resensie, dit laat ons goed voel as ons sien dat die moeite ʼn ver pad kan gaan met gewaardeerde gaste. Wees verseker dat julle altyd welkom is, al is dit net vir ʼn vinnige koffietjie. Vriendelike groete, Schanskop 10.
Lourens U - Des 2023
Algehele gradering
Fantastic, I must say.
August Piet M - Nov 2023
Algehele gradering
Happy visit.
Schanskop 10 se terugvoer
Thanks, August, for staying with us. May you be blessed on your way ahead. Kind Regards, Schanskop 10.
Isabel M - Nov 2023
Algehele gradering
Herman en Magda was baie gasvry en behulpsaam met alles wat ons wou weet.
Lees meerSchanskop 10 se terugvoer
Hallo Isabel en Ockie, Hierdie is voorwaar ñ puik terugvoer wat boekdele spreek oor julle as gaste en mense. Ons stel dit hoog op prys en hoop om julle weer binnekort te kan onthaal.
Vriendelike groete,
Schanskop 10.
Clifford D - Okt 2023
Algehele gradering
Great place, amazing host.
Schanskop 10 se terugvoer
A sincere thanks Clifford for your positive feedback, it is highly appreciated and be assured that you are always welcome.
Kind Regards,
Schanskop 10.
Heidi V - Okt 2023
Algehele gradering
We would definitely stay at Schanskop 10 again in the future. Our hosts were excellent.
Schanskop 10 se terugvoer
Beste Heidi,
Dit is altyd lekker om goeie positiewe terugvoer te ontvang van ons gaste, baie dankie daarvoor.
Vriendelike groete,
Schanskop 10.
Riekie M - Okt 2023
Algehele gradering
Pragtige, gerieflike, skoon, netjiese, aangename, oornag verblyf.
Lees meerSchanskop 10 se terugvoer
Hallo Riekie,
Dit is voorwaar ñ riem onder die hart om so mooi en positiewe terugvoering te kan ontvang, dit word hoog op prys gestel en opreg waardeer. Weet verseker dat julle altyd welkom is. Vriendelike groete,
Schanskop 10.
Johan B - Okt 2023
Algehele gradering
Uitstekende waarde en vriendelikheid.
Schanskop 10 se terugvoer
Baie dankie Johan vir jou puik terugvoer, dit word hoog op prys gestel en sal ons aanspoor om altyd diens van hoogstaande gehalte te lewer. Vriendelike groete, Schanskop 10.
Jaco V - Sep 2023
Algehele gradering
Baie rustig. Pynlik netjies. Goeie diens.
Schanskop 10 se terugvoer
Hallo Jaco,
Dit is 'n lekker gevoel om jou beste vir jou gaste te gee en dit word dan so opreg waardeer, baie dankie vir jou positiewe kommentaar en weet dat jy altyd 'n welkome besoeker sal wees.
Vriendelike groete,
Schanskop 10.
Simi H - Sep 2023
Algehele gradering
Uitstekende plekkie, baie lekker, veilig, gemaklik, baie vriendelike mense.
Schanskop 10 se terugvoer
Hallo Simi, Baie dankie vir jou positiewe kommentaar, dit sal ons aanspoor om steeds nèt ons beste vir ons gewaardeerde gaste te gee en doen. Vriendelike groete, Schanskop 10.
Pieter C - Sep 2023
Algehele gradering
'n Pragtige en gerieflike plek met al die geriewe wat ek benodig. 'n Vriendelike gasheer en gasvrou wat moeite doen om dit vir mens aangenaam te maak. Hier voel 'n mens sommer dadelik tuis.
Lees meerSchanskop 10 se terugvoer
Hallo Pieter, Dit was nou regtig 'n plesier om jou te kon huisves en jou positiewe kommentaar word hoog op prys gestel. Ons gaan verseker jou aanbod aanvaar as ons weer Kaap toe gaan. Vriendelike groete, Herman en Magda.
Hilda H - Aug 2023
Algehele gradering
Pragtig en baie gerieflik.
Schanskop 10 se terugvoer
Hallo Hilda, Baie dankie vir jou positiewe terugvoer. Komende van iemand wat self ñ Lodge bedryf beskou ons dit as ñ eer om jou te kon huisves. Vriendelike groete, Schanskop 10.
Jané S - Sep 2023
Algehele gradering
Aangename ervaring.
Schanskop 10 se terugvoer
Hallo Janè
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer, dit word regtig waardeer en sal ons noop om altyd die ekstra bietjie uit te haal vir ons gewaardeerde gaste.
Vriendelike groete,
Schanskop 10.
Meaghan P - Sep 2023
Algehele gradering
Wonderlike plek, wonderlike mense.
Schanskop 10 se terugvoer
Hallo Meaghan, Baie dankie vir jou positiewe terugvoering oor jul verblyf by Schanskop 10, dit word hoog op prys gestel en laat ons weet dat ons die regte dinge doen vir ons gaste. Wees verseker dat julle altyd meer as welkom is by ons. Vriendelike groete, Schanskop 10.
Maretha V - Aug 2023
Algehele gradering
Lieflike oornag.
Schanskop 10 se terugvoer
Beste Maretha,
Dit was voorwaar vir ons 'n eer en voorreg om julle te huisves tydens jul besoek aan Middelburg en dat ons in jul vreugde kon deel wat uiteraard ʼn private aangeleentheid was. Wees verseker dat julle te alle tye welkom is en dat ons julle graag weer tot diens sal wil wees.
Vriendelike groete,
Herman en Magda
Linda S - Jul 2023
Algehele gradering
Pragtig en kalm.
Schanskop 10 se terugvoer
Hi Linda, Ons waardeer julle terugvoer en is bly dat ons julle op die nippertjie van hulp kon wees. Wees verseker dat julle altyd meer as welkom is om by ons te oornag. Vriendelike groete, Schanskop 10.
Dilana O - Jul 2023
Algehele gradering
Wonderlike plek en mense om by tuis te gaan.
Schanskop 10 se terugvoer
Hi Dilana, Dit was vir ons 'n absolute plesier om julle te kon huisves vir die skoolsport. Wees verseker dat julle altyd welkom sal wees en met oop arms ontvang sal word as julle weer in Middelburg moet tuisgaan vir skole sport. Vriendelike groete, Schanskop 10
Amanda N - Jul 2023
Algehele gradering
Baie gemaklik en gasheer en dame is vreeslik gasvry en vriendelik.
Schanskop 10 se terugvoer
Hi Amanda, Dankie vir jou positiewe kommentaar, julle was regtig gemaklike gaste wat dit ñ plesier maak om julle te bedien. Vriendelike groete, Schanskop 10.
Jacques V - Jul 2023
Algehele gradering
Baie mooi skoon plekkie en vriendelike onvangs.
Schanskop 10 se terugvoer
Hi Jacques, Baie dankie vir jou positiewe kommentaar, dit sal ons noop om altyd die ekstra myl vir ons gaste te loop. Hoop om julle spoedig weer tot diens te kan wees. Vriendelike groete,
Schanskop 10.
Christo V - Jun 2023
Algehele gradering
Uitstekend.
Schanskop 10 se terugvoer
Hi Christo,
Dit was voorwaar 'n plesier om julle te kon huisves, amper gevoel of dit familie was wat kom kuier het. Sal julle met graagte weer ontvang as julle weer in ons rigting kom.
Vriendelike groete,
Schanskop 10.
Etienne K - Jun 2023
Algehele gradering
Uitstekende waarde vir geld en hoogs aanbeveelbaar.
Schanskop 10 se terugvoer
Baie dankie vir jul positiewe kommentaar, julle was puik gaste wat kamer in selfde toestand gelos as wat julle gekry het. Wees verseker dat ons sal poog om dieselfde hoë standaard te handhaaf en hoop om julle weer in die toekoms te kan onthaal.
Chantelle K - Jun 2023
Algehele gradering
Die beste plek, teen die beste prys! Baie gasvry en hulpvaardig.
Schanskop 10 se terugvoer
Beste Chantelle,
Baie dankie vir jou positiewe kommentaar, dit sal ons noop om altyd diens van hoogstaande gehalte te lewer. Wees verseker dat julle altyd welkom is sou julle weer verblyf in Middelburg benodig. Vriendelike groete,
Schanskop 10.
Mariska P - Mei 2023
Algehele gradering
Wonderlike en gasvrye verblyf.
Schanskop 10 se terugvoer
Hi Mariska,
Baie dankie vir jul positiewe terugvoer. Soos altyd was dit vir ons 'n voorreg om vir julle tot diens te wees en is julle meer as welkom as julle weer huisvesting benodig in Middelburg, dit sluit die hondjie in.
Vriendelike groete,
Magda en Herman.
Francois V - Apr 2023
Algehele gradering
Ons het by Schanskop 10 oorgeslaap op pad terug Vrystaat toe vanaf die Wildtuin. Herman en Magda, die eienaars, het ons persoonlik verwelkom en onmiddelik tuis laat voel!
Lees meerSchanskop 10 se terugvoer
Baie dankie vir diè positiewe resensie, dit sal ons op ons tone hou en aanspoor om altyd diens van hoogstaande gehalte te lewer.
Tiaan G - Des 2023
Algehele gradering
Aangenaam en gerieflik.
Schanskop 10 se terugvoer
Dankie, Tiaan, vir jou positiewe terugvoer, dit word waardeer. Schanskop 10.
Marnus S - Nov 2023
Algehele gradering
Baie stil area. Verblyf self is puik. Sal gewis weer daar bly.
Schanskop 10 se terugvoer
Dankie Marnus vir jou positiewe terugvoer, dit word waardeer.
Schanskop 10
Andre S - Mei 2023
Algehele gradering
Uiters gasvry ontvang, veilig en baie gerieflik.
Schanskop 10 se terugvoer
Baie dankie vir jul positiewe kommentaar, dit word opreg waardeer. Julle was voorwaar wonderlike gaste en dit was vir ons 'n plesier en voorreg om julle van diens te wees en hoop om julle weer in die toekoms te kan onthaal.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Schanskop-straat 10, Aerorand, Middelburg, 1050, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang