Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Schanskop 10

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
    2 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schanskop-straat 10, Aerorand, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Vanaf R750 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Schanskop 10, in Aerorand, bied 'n luukse eenheid wat bestaan uit ʼn gerieflike hoofslaapkamer met 'n aangrensende kamer wat dit geskik maak vir ʼn familie van 4 mense. Die eenheid het ʼn aparte ingang op die eienaar se eiendom. Die verblyf is perfek vir 'n knus oornagverblyf op pad na die Laeveld, Krugerwildtuin of vir sakereisigers.

Die oopplan-kamer bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die aangrensende kamer het 2 enkelbeddens wat slaapplek bied aan verdere 2 gaste, volwassenes of kinders wat die badkamer deel met die hoofslaapkamer. Linne en handdoeke word vir beide kamers voorsien.

Daar is 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffieskinkbord, kasruimte vir bagasie, waaier, elektriese kombers en haardroër. Gaste kan hul tuismaak op 'n gemaklike rusbank en TV met Netflix geniet.

Die eiendom het 'n sonkragstelsel sodat gaste nie deur beurtkrag geaffekteer word nie. Verder is daar 'n alarmstelsel met gewapende reaksie om gaste se veiligheid te verseker. Gaste het toegang tot die gedeelde verhitte swembad en veilige parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis. Die eenheid is ongeveer 5 km vanaf die N4 en minder as 2 km vanaf 2 winkelsentrums met gewilde restaurante.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
TV
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 48 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Casper D
Besigheidsreis
5.0
Heerlik gebly in goeie area. Heerlik gebly met vriendelike gasheer.
Nov 2024
Wouter E
5.0
Gasvryheid, rustig. Beste diens en baie skoon plek. Sal dit beslis aanbeveel.
Nov 2024
Peet D
5.0
Van ontvangs tot vertrek baie goeie kliente diens. Sal enige tyd weer daar bly. Smaakvol op standaard, dankie.
Nov 2024
Valerie B
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekende verblyf en gaste diens. Ons het lekker gebly en ons het tuis gevoel. Die verblyf is pragtig en veilig. Herman is vriendelik en baie behulp...
Sien meer
Nov 2024
Pieter B
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtig vriendelike mense en baie veilig. Ons het baie lekker gebly. Pragtige plek met veilige parkering. Sal beslis weer kom kuier. Het ons met ope a...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Herman Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 48

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Schanskop-straat 10, Aerorand, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Gaste dink Schanskop 10 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
    2 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schanskop-straat 10, Aerorand, Middelburg, 1050, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA91c4db0d64feb9039d02a337f32054b72af46b11278fb10e38b0abc1e65db14d379dfe2fd38727f348066d5dd20769ae279b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 2 mense 48 5 1 5 10 Schanskop Street Aerorand 1050 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.801936008352 29.454727338598

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang