Ek en my vrou hou altyd daarvan om te luister na ouers wat goeie advies gee vir hul kinders. Vriende van ons se seun was een keer nie baie tevrede met die geskenk wat hy vir Kersfees gekry het nie, so paar jaar gelede. Die pa sê toe vir die seun: "My seun, jy het dan so goed gekyk na die geskenk en daarvan gehou. Jy het gehou wat die mooi foto's wys vir jou. Dis wat jy gekies het, so aanvaar dit volgens wat jy gesien het en jy gekies het. Dit is jou fout as jy nie gelukkig is met dit nie. Onthou om altyd mooi te kyk na foto's van iets wat jy graag wil koop/hê! Onthou ook dat as ons dit terug gaan neem om om te ruil, dat jy altyd, nog steeds vriendelik moet wees en eerlik moet wees dat dit jou fout was en nie die ander persoon s'n nie.
Net graag ook 'n aanmerking van iemand wat 'n hele paar keer by ons gebly het in ons woonstel, met privaat besprekings.
"Ek kan nie glo die negatiewe opmerkings wat die laaste 2 persone oor jou woonstel te sê gehad het. Vir my is waarde vir geld 'n 5, diens 10/5, want Johan help altyd en is 'n baie opregte vriendelike mens. Netheid ook 'n 5 want alles is spotless. Ligging 4, want dit is so bietjie uit die dorp, maar die pragtige omgewing om daar te kom is asemrowend. Veiligheid 5, want ek voel altyd veilig. Selfs met die kar se parkering het ek nooit 'n probleem gehad. Miskien moet die here net mooi kyk na die foto's, en nie kla oor wat daar in is na die tyd, en net vriendelik wees. Dit is 'n budget eenheid, wat maklik te sien is en het baie waarde vir wat ek betaal het in die omgewing. Dis so 'n lekker rustige plek, maar ongelukkig kry jy mense wat na 'n plek gaan om net alles te ondersoek en bekyk.. wat jammer is. Sterkte Johan"