Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sea and Lakes Self-catering Unit

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.6
Veiligheid
4.3
Susan L
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

Dit is 'n baie gerieflike plekkie en die gasheer is baie vriendelik en behulpsaam. Ons het baie lekker gebly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan
Sea and Lakes Self-catering Unit
Weereens wonderlike gaste wat ons kon geniet het en ons bly is dat hulle dit nie net hier geniet het nie, maar ook ons nabygeleë buurdorpe. Sal hulle graag met ope arms weer wil ontvang en dankie dat julle hier kom bly het.

Chanel M
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2023

Baie rustige atmosfeer met vriendelike eienaars. Die eienaars is 'n wonderlike paartjie wat lekker gesels en vertel van local besienswaardighede, maar hulle respekteer ook jou as kuiergaste (sal geselsie aanknoop as jy buite sit en saam gesels, sal nie oorlas maak nie). Was die lekkerste ruskans wat ons in lang tyd gehad het, kon nie vir beter vra nie! Die uitsigte van alle kante was ook besonders, plekkie regtig lekker geleë en sal beslis weer daar bly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan
Sea and Lakes Self-catering Unit
Dit was nou so lekker en aangenaam om julle hier te hê. Ek geniet dit altyd as ek sommer net met my gaste kan gesels en te sien hul geniet dit. Dankie vir die lekker beskuit en strawberries. Wanneer jul weer kom sal dit amazing wees om te hoor dat daar nou drie is.

Matthew B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Nov 2023

Relaxing and peaceful. See stars.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan
Sea and Lakes Self-catering Unit
Dit was goed om jou hier te hê. Net jammer dat jy so besig was en ons nie meer lekker kon gesels. Ons is bly dat jy dit hier geniet het, en hoop jy sal eendag met jou gesin hier kom bly, net vir vakansie. Groete, Johan & Johlean

Christine V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Jan 2024

Baie gemaklike oorslaapplek. Ons het lekker gebly, baie dankie.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Johan
Sea and Lakes Self-catering Unit
Dit is altyd baie aangenaam om sulke vriendelike gaste soos julle te kon verwelkom by ons selfsorg eenheid. Ons is bly dat jul dit hier geniet het en sal jul graag weer wil verwelkom in die toekoms. Voorspoedige jaar vir jul vorentoe. Vriendelike groete, Johan en Johlean.

Fred G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.8
Jun 2024

Rustig. 'n Toaster in die eenheid sou lekker gewees het. Veilige parkeerplek sou goed gewees het.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
2.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
3.0
Johan
Sea and Lakes Self-catering Unit
Dankie vir jou terugvoer. Ek wil graag my kant gee om enige misverstande op te klaar. Ons is trots op ons baie goeie, bekostigbare verblyf wat ons aanbied, waarmee ons baie positiewe terugvoer van die meeste gaste ontvang. Daarom is dit moeilik om te verstaan dat jy nie dieselfde ervaring gehad het nie, wat jammer is. Ons diens is altyd baie vriendelik en behulpsaam, wat vir my baie belangrik is. Ek het baie duidelik u aangemoedig om enige probleme aan te meld, sodat ons dit dadelik kan aanspreek. Om een of ander rede het u dit nie gedoen nie. Ons bly heeldag by die huis (soos genoem a.g.v. my vrou se gesondheid) en ons het 'n baie veilige omgewing. Nasewe jaar het ons nog nooit enige veiligheidsprobleme gehad nie. U het wel 'n huurmotor gehad en u is die eerste gas wat kommer oor veiligheid daaromtrent gehad het. Ek wil graag daarop wys dat ons altyd hier is om te help (soos aangebied) en seker te maak dat jou ervaring so aangenaam as moontlik is, wat baie belangrik vir ons is. Ons waardeer jou terugvoer en sal dit gebruik om ons diens verder moontlik te verbeter. Vriendelike groete, Johan

Beyers L
Kort verblyf
4.6
Nov 2023

As jy die plek wil boek om te gebruik as jou oornag om die area te verken, perfek. Dit is lekker naby die see. Ek was maar min daar, maar dit het alles wat jy nodig het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Johan
Sea and Lakes Self-catering Unit
Hallo Beyers, skoon vergeet om baie dankie te sê dat jy hier by ons was. Hoop dit gaan nog goed met jou en hoop werklik om jou weer te sien met die sport byeenkomste hier die jaar. Beste vir die Nuwe Jaar. Groete van Johlean.

Rensia C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Okt 2022

Naweekverblyf. Johan, ons gasheer, is die beste. Hy het uit sy pad gegaan om ons te help met vervoerreëlings. Ons is baie dankbaar vir dit. Die plekkie is goed ingerig vir oornagakkommodasie, en ons sal beslis weer daar bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan
Sea and Lakes Self-catering Unit
Dit was regtig lekker om jul hier te hê met jul vriendelikheid. Onthou net, jul geheim is my geheim. Geniet die mooie Swellendam.

Larry C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Sep 2022

Baie rustig. 'n Baie lekker plek om van die stad se gewoel af weg te kom.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Johan
Sea and Lakes Self-catering Unit
Dit was goed om julle hier te hê en ons sien uit na 'n langer kuier, sodat julle meer van ons mooi omgewing kan verken.

Gerda N
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.2
Jul 2022

Die verblyf is 'n woonstel onder die oom en tannie se huis. Ons kon elke beweging hoor aan die onderkant. Ek verkies 'n rustige nagrus as ek met vakansie is. Maar met al die klanke van mense wat beweeg is dit moeilik. Sien strerre.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0
Johan
Sea and Lakes Self-catering Unit
Dit was werklik goed om jul hier te laat kon bly. Jou man het vertel hoe n ontsettende ligte slaper jy is en dat die horlosie se battery uitgehaal moes word sodat jy aan die slaap kon val. Ons is veral baie stil as ons gaste het en is verbaas oor die aanmerking. Groete.

Willie M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2021

Heerlik rustig en besorgde eienaars. Die eienaar sien om na al jou ekstra behoeftes en het uit sy eie die 10:00 vertrektyd verleng sodat ons rustig kon vertrek op ons eie tyd.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan
Sea and Lakes Self-catering Unit
Dit was werklik goed om julle hier te hê en is so bly dat julle dit geniet het. Hopelik sal julle 'n bietjie langer bly die volgende verblyf.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Johan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 3 jaar

Vanaf R550
R550 R468
per nag (plek vir 2)
Vanaf R550
R550 R468
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders onder 8
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dalsy-straat 1885, Kleinkrantz, Wildernis, 6538, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdf85dc5c8bd1cbde168f85d114e9c8c9a9f170142ff2eb0e4cac159eb6c0474eaab562b8ec560e1698cf74fcc0c6ead31e8f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R550 nouVanaf R468 per nag (plek vir 2) 10 5 1 5 1885 Dalsy Street Kleinkrantz 6538 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.004837736237 22.658530222784

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang