Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sea Cottage 126

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Beach East Boulevard, Voorbaai, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 250 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Sea Cottage 126 is in Mosselbaai geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Die dubbelverdieping-selfsorgeenheid beskik oor 3 slaapkamers en kan tot 6 gaste op 'n slag akkommodeer. Die grondvloer het 2 slaapkamers waarvan 1 slaapkamer 2 enkelbeddens het en die tweede slaapkamer 'n dubbelbed. Die 2 kamers word gedeel deur 'n klerekas. Die grondvloer het 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak en nog 'n aparte gastetoilet met 'n toilet en wasbak. Die hoofslaapkamer is op die eerste verdieping en is ingerig met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. 'n Skuifdeur maak oop na die dek met 'n wonderlike see-uitsig.

Die oopplan-kombuis is op die grondvloer en is toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, kisvrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Dit beskik ook oor 'n ontbyttafel met 4 stoele. Daar is ook 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser. Die wasmasjien is in die badkamer geleë.

Die sitarea het gemaklike rusbanke en stapeldeure wat lei na 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai en 'n etenstafel en stoele. Daar is 'n TV in die sitkamer met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet hul eie DStv-dekodeerder, slimkaart, afstandbeheerder en bedrading saambring om van hierdie fasiliteit gebruik te maak.

Daar is parkeerplek vir 2 motors langs die huis, waarvan 1 parkeerplek onderdak is.

Die kompleks het beheerde toegang en elektriese heining vir ekstra sekuriteit. Dit spog met 'n sprankelende swembad en 'n speelarea vir die kinders. Die swembad word op gaste se eie risiko gebruik en ouers moet asseblief toesig hou oor hul kinders.

'n Verhitte binnenshuise swembad, waterglybaan, skemerkelkiedek en restaurant is stapafstand van die eenheid af. Die casino, gholfbaan en verskeie restaurante is binne 10 km van die kompleks af.

Gaste kan hul fietse saambring en die grondpaaie in die omgewing geniet, of vir kilometers langs die strand draf of stap. In hoogseisoen is daar verskeie doendinge by die see, soos valskermvaart, bootritte na Seal Island, lewendige vermaak en nog baie meer.

Veselinternet met Netflix en YouTube is beskikbaar.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet
Badkamer 3

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Goed

Netheid
2.5
Ligging
5.0
Waarde vir geld
3.5
Diens
3.5
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Riaan Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 9

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Beach East Boulevard, Voorbaai, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sea Cottage 126 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 250
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 250
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Beach East Boulevard, Voorbaai, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf223d2045fbd40afcca9027e05770e80d2ab8314384ba7e71af2bfc219af2cd2c092b10a026bc238c1efc03406cd3f7ba83d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 250 per nag (plek vir 6) 2 5 1 4 Beach East Boulavard Voorbaai 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 09:00 -34.152399706586 22.109343197957

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang