Sea Cottage 126
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Beach East Boulevard, Voorbaai, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
- Vanaf R2 250 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Sea Cottage 126 is in Mosselbaai en bied gehalte verblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dit is naby 'n rits winkels, restaurante, die strand, aktiwiteite en besieswaardighede.
Hierdie dubbelverdiepinghuis het 3 slaapkamers en is geskik vir tot 6 gaste. Die grondverdieping het 2 slaapkamers waarvan 1 slaapkamer 2 enkelbeddens het en die ander het 'n dubbelbed. Die 2 kamers word deur 'n klerekas geskei. Die grondverdieping het 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, asook 'n gastetoilet met 'n toilet en 'n wasbak. Die hoofslaapkamer is op die eertse verdieping en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Skuifdeure lei na die dek met 'n see-uitsig.
Die oopplan-kombuis is op die grondverdieping en het 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, kisvrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriwe, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n etenstafel met 4 stoele, 'n waskamer met 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien in die badkamer.
Die sitarea het gemaklike banke en stapeldeure wat na die beskutte stoep met 'n ingeboude braai en 'n etenstaffel met stoele lei. Daar is 'n TV in die sitarea met 'n DStv-verbinding. Gaste moet hulle eie DStv-dekodeerder, -slimkaart, -afstandbeheer en -drade saambring om hiervan gebruik te maak.
Daar is parkeerplek vir 2 voertuie langs die huis, waarvan 2 onderdak is.
Die kompleks het beheerde toegang en 'n elektriese heining vir ekstra sekuriteit. Dit spog met 'n sprankelende swembad en 'n speelarea vir kinders. Die swembad word op eie risiko gebruik en ouers moet asb. oor hulle kinders toesig hou.
'n verhitte binnenshuise swembad, waterglybaan, mengeldrankiedek en restaurant is binne stapafstand van die eenheid. Die casino, gholfbaan en verskeie restaurante is binne 10 km vanaf die kompleks.
Gaste kan hulle fietse saambring en die grondpaaie aandurf, asook draf of stap vir kilometers langs die stand. In die besige seisoen is daar talle aktiwiteite in die see soos valskermseil, bootritte na Robeiland, verhoogvermaak en talle meer.
Veselinternet met Netflix en YouTube is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Riaan Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 9
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Beach East Boulevard, Voorbaai, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
- Gaste dink Sea Cottage 126 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Voorbaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Beach East Boulevard, Voorbaai, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang