C Cottage right on the C
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Sea Cottage 91, Diaz-strand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
C Cottage right on the C is in 'n veilige kompleks in Mosselbaai geleë. Die kompleks is teen die strand en jy kan Robeiland van die stoep af gewaar. Foto's 2 en 3 is van die braaikamer geneem om die uitsig te sien. Sien dele van die stoel en blinders, asook die skuifdeure reg voor.
Dié dupleks se boonste verdieping beskik oor 'n kamer met 'n dubbelbed en 2 stapelbeddens. Daar is ook 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.
Die onderste verdieping bied 'n oopplan-braaikamer met braaigeriewe en 'n stoep met 'n tafel en stoele. Daar is ook 'n oopplan-sitarea, badkamer en die hoofslaapkamer met 'n dubbelbed. Daar is 'n aparte toilet, stort en wasbak. Buite is daar ’n warm en koue buitestort. Die kombuis is met ’n vierplaatstoof, oond, broodrooster, toebroodjiemaker, ketel yskas-vrieskas, mikrogolfoond, wasmajsien, tuimeldroër en skottelgoedwasmasjien toegerus. Daar is ook ’n TV met 70 DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.
Reg langs die huis is 'n Jurgens Karavaan onder die motorafdak. Hierdie ekstra verblyf is vir 2 ekstra gaste. Dit het elektrisiteit, sowel as sonkragligte om tydens beurtkrag te gebruik. Daar is lugversorging, 'n yskas-vrieskas, 'n ketel, breekware en 'n mikrogolf om te gebruik. Die kombuis en badkamer het kraanwater en die badkamer sal slegs vir spesiale behoeftes beskikbaar wees. Lees asb. die reëls in die badkamer.
Die kompleks bied 'n swembad en klimrame. Diazstrand se swembad is stapafstand en dis ook naby die waterpark.
Die kompleks bied ook 'n elektriese heining en afstandbeheertoegang. Daar is veilige parkeerplek vir 2 voertuie onder 'n afdak.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- DVD-speler
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
- Elektriese kombers
- Waaier
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Radie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 50
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Sea Cottage 91, Diaz-strand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink C Cottage right on the C het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Voorbaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Sea Cottage 91, Diaz-strand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang