Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

C Cottage right on the C

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Sea Cottage 91, Diaz-strand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

C Cottage right on the C is in 'n veilige kompleks in Mosselbaai geleë. Die kompleks is teen die strand en jy kan Robeiland van die stoep af gewaar. Foto's 2 en 3 is van die braaikamer geneem om die uitsig te sien. Sien dele van die stoel en blinders, asook die skuifdeure reg voor.

Dié dupleks se boonste verdieping beskik oor 'n kamer met 'n dubbelbed en 2 stapelbeddens. Daar is ook 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die onderste verdieping bied 'n oopplan-braaikamer met braaigeriewe en 'n stoep met 'n tafel en stoele. Daar is ook 'n oopplan-sitarea, badkamer en die hoofslaapkamer met 'n dubbelbed. Daar is 'n aparte toilet, stort en wasbak. Buite is daar ’n warm en koue buitestort. Die kombuis is met ’n vierplaatstoof, oond, broodrooster, toebroodjiemaker, ketel yskas-vrieskas, mikrogolfoond, wasmajsien, tuimeldroër en skottelgoedwasmasjien toegerus. Daar is ook ’n TV met 70 DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.

Reg langs die huis is ​​'n Jurgens Karavaan onder die motorafdak. Hierdie ekstra verblyf is vir 2 ekstra gaste. Dit het elektrisiteit, sowel as sonkragligte om tydens beurtkrag te gebruik. Daar is lugversorging, 'n yskas-vrieskas, 'n ketel, breekware en 'n mikrogolf om te gebruik. Die kombuis en badkamer het kraanwater en die badkamer sal slegs vir spesiale behoeftes beskikbaar wees. Lees asb. die reëls in die badkamer.

Die kompleks bied 'n swembad en klimrame. Diazstrand se swembad is stapafstand en dis ook naby die waterpark.

Die kompleks bied ook 'n elektriese heining en afstandbeheertoegang. Daar is veilige parkeerplek vir 2 voertuie onder 'n afdak.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 4 mense
1 xDubbelbed
1 xStapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Verekombers
  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Kaggel
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Henriette S
Saam met lewensmaat
5.0
Sal dit aanbeveel. Baie lekker gebly. Die beste nog van al die jare wat ons vakansie hou in Hartenbos Mosselbaai.
Mei 2024
Alida S
5.0
Fantastiese wegbreek kans. Ons was vreeslik vriendelik ontvang en het sommer dadelik tuis gevoel. Mense rondom is ook baie vriendelik. Daar is alles w...
Sien meer
Mrt 2024
Riaan V
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Lieflike plek, baie goeie ligging. Eienaar baie vriendelik.
Feb 2024
Letitia S
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties en rustig. Heerlike, rustige en ontspanne area. Het vreeslik lekker gebly en die uitsig was wow. Baie dankie aan Teresa vir die huislike on...
Sien meer
Okt 2023
Annamarie O
Gesin met klein kinders
5.0
Baie rustige atmosfeer en naby mall en ontspanning. Vriendelike mense en lekker speelpark vir kinders.
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Radie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 49

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Sea Cottage 91, Diaz-strand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink C Cottage right on the C het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Sea Cottage 91, Diaz-strand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfd9911830678a5145612a98d4afd091e5f6d5cc8a68a4f49204e46c34a527ae7f2e28e3a9885fcd1bdf7299b8d57b4f48a5c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense 20 5 1 5 Sea Cottage 91 Diaz Beach 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -34.152798008764 22.109781503677

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang