Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sea-cret Shore

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Walter-singel 11, Britanniabaai, St Helenabaai, 7282, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Sea-cret Shore is 'n moderne en ruim huis teen die strandfront in Britanniabaai. Gaste kan onbelemmerde see-uitsigte vanaf die kamers, leefarea en stoep waardeer. Die huis is met sonkrag toegerus in geval van beurtkrag.

Die pragtige huis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en deel 'n volledige gesinsbadkamer. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die moderne kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Die oopplan-kombuisarea het 'n etenstafel met 8 stoele en die lieflike, ruim leefarea het gemaklike rusbanke, 'n TV met volledige DStv en 'n binnebraai. Gratis WiFi is beskikbaar.

Opvoudeure lei na 'n groot stoep met 'n etenstafel waar gaste skemerkelkies kan geniet en die asemrowende see-uitsigte kan bewonder.

Britanniabaai is ideaal vir watersport, fietsry, draf en voetslaan. Daar is veilige onderdakparkeerplek en die huis het ook 'n alarmstelsel.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
5.0
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Lu-Anne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Walter-singel 11, Britanniabaai, St Helenabaai, 7282, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sea-cret Shore het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Rolstoelvriendelike parkeerplek
Ruim slaapkamer
Badkamer sonder trappe
Slaapkamer sonder trappe
Ingang en paadjie sonder trappe
Vanaf
Vanaf R 5 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 5 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Walter-singel 11, Britanniabaai, St Helenabaai, 7282, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAff3043dd05b69d108630ea7c6182b8d3a0642dcaeade26239341dd4a818e12f5c0e8d99809443bfd9d078720e874c52df110?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 500 per nag (plek vir 8) 11 5 1 5 11 Walter Crescent Britannia Bay 7282 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -32.7205031 17.9333656

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang