Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sea La Vie @ 18 On Fourie

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fouriestraat 18, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Sea La Vie @ 18 On Fourie is 'n moderne huis in Franskraal in die Wes-Kaap en dit bied gerieflike verblyf aan 'n gesin of groep vriende.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in dié slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus en daar is ook 'n etenstafel. Die leefarea het 'n gemaklike rusbank en stapeldeure wat na 'n stoep met braaigeriewe lei. Gratis WiFi en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Franskraal is bekend vir sy uitgestrekte strande en fantastiese voëlkykgeleenthede. Daar is verskeie voetslaan-, wandel- en 4x4-roetes in die omgewing. Ander aktiwiteite in die omgewing sluit swem, fietsry, haaihokduik en walviskyk in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Lynette L
Gesin met tieners
5.0
Goed toegeruste huis, stil area, naby see. Perfek. Ons het teruggegaan vir nog 'n kuier by Sea La Vie. Weereens was dit baie lekker, en sal ons beslis...
Sien meer
Des 2024
Leigh V
Saam met vriende
5.0
Great location and lovely house. From booking to arrival, our stay was great. Even though we didn't get to spend much time in the house...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Lynette L
5.0
Uitstekend. Uitstekend. Ons het al 'n paar keer op Franskraal oorgebly, hierdie was die beste. Heerlike ruim huis met alles wat ons nodig gehad het. S...
Sien meer
Jul 2024
Frikkie L
Gesin met tieners
5.0
Vriendelike diens, baie lekker gekuier en gerus. Heerlike huis en baie vriendelike diens vanaf eienaars! Stapafstand van die see af. Alles wat ons nod...
Sien meer
Mrt 2024
Nieyaas A
Gesin met klein kinders
5.0
Absolutely splendid. My family had a great time and enjoyed the accommodation and location. Fantastic.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Bianca Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 14

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Fouriestraat 18, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sea La Vie @ 18 On Fourie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fouriestraat 18, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7874f5404b3611be32e662d0805fbaf575b197ef9c55d3d7745763029cbf761170edaf97d0f9b874531de750322b32c0d631?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6) 14 5 1 5 18 Fourie Street Gansbaai 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.603538296136 19.399632953373

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang