Sea La Vie
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Markstraat 19, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Sea La Vie bied puik selfsorgvakansieverblyf op die boonste verdieping van 'n ruim huis in De Kelders, wat spog met 'n lieflike uitsig oor die see. Dit is net buite Gansbaai, De Kelders, geleë en 'n goeie opsie vir 'n gesinswegbreek.
Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is 2 slaapkamers met dubbelbeddens en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die hoofslaapkamer het 'n en-suite badkamer met 'n dubbelstort en hoekbad. Die ander badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die ruim oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is en 'n toonbank met stoele het. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek en 'n sitarea met 'n kaggel. Gratis WiFi is beskikbaar. Die huis het ook sonpanele wat tydens beurtkrag inskop.
Daar is ook 'n tweede sitarea met 'n TV en 'n binnebraai wat na 'n balkon met 'n wonderlike uitsig lei. Buite op die grondverdieping is daar 'n sonnige stoep met 'n piekniektafel en 'n ingeboude braai. Parkeerplek is voor die motorhuis beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Sanmarie Geverifieer
Eiendomme 25
Resensies 47
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Markstraat 19, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Sea La Vie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in De Kelders Gansbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Markstraat 19, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang