Sea La Vie
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Da Nova Flats Eenheid 23, Da Gama-straat 11, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Vanaf R950 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Sea La Vie bied verblyf in Mosselbaai wat ideaal vir 'n paartjie of vriende is.
Hieride woonstel bied slaapplek aan 3 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n enkelslaapbank in die leefarea vir 1 volwassene of 2 kinders. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en aparte toilet.
Die leefarea het 'n kombuis wat met 'n stofie, oond, yskas, mikrogolf, broodrooster, eetgerei, breekware, 'n lugbraaier en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Dit lei na die etenstafel en die sitarea met 'n rusbank en 'n TV. Gratis WiFi en DStv is beskikbaar.
Gaste kan maaltye met 'n see-uitsig op die balkon geniet. Die balkon het 'n klein ketelbraai.
Veilige parkeerplek is beskikbaar en die verblyf is net 2,2 km vanaf Santosstrand.
Die woonstelgebou is baie rustig en die bure is vriendelik. Die privaat hospitaal, 'n winkelsentrum en restaurant-kompleks is ook net om die draai.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Leefarea
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Da Nova Flats Eenheid 23, Da Gama-straat 11, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in De Nova Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 3 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Da Nova Flats Eenheid 23, Da Gama-straat 11, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang