Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sea n See

Spesiale Aanbod 25% af

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3. Geldig vir verblyf vanaf 3 Jan 2025 tot 30 Mrt 2025.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Seeperdjie-laan 28, Tergnietq, Mosselbaai, 6503, Wes-Kaap
  • Vanaf R990 R743 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Sea n See is in Tergniet, Mosselbaai en bied gehalteverblyf aan 'n paartjie of klein gesin. Dit is naby winkels, restaurante, trou-venues, die strand, doendinge, kunsmarkte en besienswaardighede.

Dié selfsorgwoonstel op 'n residensiële perseel, is geskik vir 2 volwassenes en tot 2 klein kinders. Daar is 1 slaapkamer met 'n en suite-badkamer met 'n lieflike hoekbad, stort, toilet en 'n wasbak. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en lei na 'n oop stoep met uitsig oor die see en die baai.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, 'snappy' kookplaat, mikrogolfoond, elektriese braaipan, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n gasstofie.

Die sitkamer het gemaklike rusbanke, 'n TV en DVD-speler. Die rusbanke kan ook as slaapplek vir 'n derde gas of klein kinders dien ('n matras is ook beskikbaar). Dit het 'n eetarea met sitplek waar gaste saam hul maaltye kan geniet. Gaste kan ook WiFi op versoek geniet, indien dit beskikbaar is.

Daar is lieflike braaigeriewe op die toegeboude agterstoep waar gaste lekker met 'n skemerkelkie in die hand kan kuier.

Die strande is net 'n entjie weg en winkels is binne maklike bereik. Die hoofpad, N2 na George en die Tuinroete, asook na Hartenbos, Mosselbaai en Kaapstad is maklik bereikbaar. Die area het verskeie restaurante, wegneemetes, kitskosverkopers, seekosspesialiste, koffie, wynproe, kuns, visvang, swem en vermaak. Hierdie deel van die Tuinroete het ook 'n lekker klimaat.

Die area is veilig en parkeerplek word in 'n binnehof gedeel. Houttrappe lei na bo. Klein hondjies is welkom.

Kamer-opset

Slaapplek vir 3 mense 1 Slaapkamer 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

1

1 x Kinderbank vir 1

Leefarea

1

1 x Kindermatras vir 1

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Televisie
  • Videospeler

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Mari V
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik, gerieflik, lekker ontspan. Ons het baie lekker gebly. Als was netjies en gerieflik. Sal vir enige iemand aanbeveel.
Des 2023
Dolf H
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige omgewing skoon. Was baie lekker en rustig. Geen lawaai. Pragtige omgewing.
Okt 2023
Amelia S
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike, huislike, netjiese eenheid. Die eenheid was baie netjies, mooi uitgeleë en bied alles wat mens benodig vir 'n heerlike, rustige wegbreek. Di...
Sien meer
Okt 2023
Chantel M
Gesin met klein kinders
5.0
It felt like home. Great feeling! I enjoyed my stay there very much. It's close to all one needs. Looking out to the sea whilst sitting...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2023
Cobus M
Gesin met tieners
4.8
Baie mooi en netjies. Veilig met alles wat jy nodig het. Baie mooi uitsig. Naby restaurante en swemstrande.
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Marius Lynn Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 37

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Seeperdjie-laan 28, Tergnietq, Mosselbaai, 6503, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sea n See het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R990
R990 R743
per nag (plek vir 3)
Vanaf R990
R990 R743
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Seeperdjie-laan 28, Tergnietq, Mosselbaai, 6503, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1naNqi5DjB83ryNVjk3UZHOONxF4AxYCIu83faV9s6wSB5DZGs?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R990 nouVanaf R743 per nag (plek vir 3) 11 5 1 5 28 Seeperdjie Avenue Tergniet 6503 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -34.067337915705 22.186576427829

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang