Sea-renity Holiday Apartment
Kry 15% af. Geldig vir verblyf vanaf 5 Mei 2025 tot 12 Jun 2025.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Fairway-rylaan 11, Salt Rock, 4391, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 950R1 658 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Sea-renity Holiday Apartment is 'n woonstel wat ideaal geleë is net 'n kort entjie se stap na die hoofswemstrand by Salt Rock aan die idilliese Dolfynkus van KwaZulu-Natal. Die strand het lewensredders wat 7 dae 'n week die strand beveilig en maak dit dus perfek vir 'n gesinsvakansie.
Die moderne woonstel langs die kus is ten volle toegerus vir 4 gaste met sy eie swembad, omheinde tuin en 'n groot privaat patio met braaigeriewe. Gesinsvriendelike rustigheid, eenvoud en privaatheid word hiér beklemtoon.
Die oopplan-leefkamer en -eetarea lei na 'n ruim patio met privaat braaigeriewe. Die woonstel beskik oor 'n volledige kombuis en 'n TV met sekere DStv-kanale. 'n Groot skuifdeur bied toegang tot die patio wat oor die swembad uitkyk, terwyl die branders in die agtergrond druis.
Die swembad-area is heeltemal ommuur vir sekuriteit en privaatheid. Daar is ook 'n buitestort en 'n klein grasperk waar gaste lekker kan sonbaai. Die swembad is agter 'n hekkie geleë en die area kan ook as 'n speelplek vir troeteldiere ingespan word - die woonstel is troeteldiervriendelik.
Die hoofslaapkamer op die boonste verdieping het lugversorging, 'n hoë gehalte-koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Dié elegante en moderne kamer bied 'n pragtige gedeeltelike uitsig oor die see. Dit beskik ook oor ruim kaste. Die tweede slaapkamer is op die onderste verdieping en beskik oor 2 enkelbeddens en ruim kasspasie. Die slaapkamer het lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Alle beddegoed en handdoeke word voorsien, behalwe swemhanddoeke. 'n Skoonmaakdiens is teen 'n ekstra koste beskikbaar.
Die parkeerplek vir 1 voertuig is veilig en onderdak. Gratis WiFi is beskikbaar en die verblyf het 'n rugsteunkragstelsel vir beurtkrag.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Johan Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 73
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Fairway-rylaan 11, Salt Rock, 4391, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Sea-renity Holiday Apartment het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Salt Rock Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Fairway-rylaan 11, Salt Rock, 4391, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang