Sea Shack
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 22 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Soldatenbaai, Cape Columbine Natuurreservaat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Vanaf R980 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Sea Shack bied 'n unieke, omgewingsvriendelike glanskamp-ervaring op die randjie van die water in die Cape Columbine Natuurreservaat. Daar is 11 pragtige huisies. Saans is die gedruis van die see hoorbaar en soggens die voëls wat roep. Die tarief sluit ook die toegangsfooi tot die natuurreservaat in.
Elke bekoorlike Sea Shack skep 'n rustige, idilliese atmosfeer en het slaapplek vir 2 gaste. Elke eenheid het 'n superieure Cloud 9-matras en linne en is volgens 'n unieke tema versier. Agt van die eenhede het elk 'n koningingrootte-bed en 2 het elk 2 enkelbeddens.
Daar is 4 kleinhuisies met storte en omgewingsvriendelike toilette wat gedeel word. Die warmwatersilinder werk met gas.
'n Gemeenskaplike boma met 'n goed toegeruste kombuis en opwaskamer met 'n yskas, gasstowe, eetgerei, breekware en kookgerei is beskikbaar. Krag word deur die son en gas voorsien. Gaste is welkom om selfone by ontvangs te laai. Haardroërs word ongelukkig nie voorsien nie. Gaste kan saans langs die vuurput sit en kos kook.
Sea Shack is sowat 5 km vanaf die bekoorlike kusdorpie, Paternoster. Strande en aktiwiteite soos voëlkyk, voetslaan, bergfietsry, kajakvaart, perdry en begeleide duinritte is binne maklike bereik.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Hesther Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 146
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Soldatenbaai, Cape Columbine Natuurreservaat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Sea Shack het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Paternoster Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 22 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Soldatenbaai, Cape Columbine Natuurreservaat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang