Seashells Cottage
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Porter-weg 10, Southport, 4230, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 950 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Sea Shells Cottage bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n helder versierde vakansiehuis met 5 slaapkamers in die kusdorp Southport in Port Shepstone. Die eiendom is 750 m vanaf Southport-strand en -getypoel. Gaste kan 'n lieflike see-uitsigte van die kothuis af aanskou. Gaste kan ook die sonsopkoms met skepe en vissersbote wat verbyvaar geniet en heel moontlik walvisse gedurende die winter walvisseisoen gewaar.
Die huis beskik oor 5 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n plafonwaaier. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n plafonwaaier. Dié kamer lei ook na die eerste slaapkamer. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer en lugversorging. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en lugversorging, en bied toegang tot 'n aparte bad, stort en 'n toilet. Daar is ook 'n vyfde slaapkamer met 'n see-uitsig en 'n dubbelbed.
Die oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea het uitstekende see-uitsigte en die huis het 'n swembad met 'n onthaalarea en onderdakstoep met draagbare braaigeriewe. Die aparte vuurput is onder vyebome en is die ideale plek vir 'n rustige braai. Die huis het 'n TV met volledige DStv, 'n yskassie en 'n diepvrieskas. Daar is ook 'n ysmasjien, 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser.
Eksterne laserstraalsekuriteit, interne sekuriteit, elektriese hekke en 24 uur-sekuriteit deur Lazer Security bied ekstra gemoedsrus. 'n Huishulp is teen 'n ekstra koste beskikbaar.
Southport se hoofswemstrand is 'n blouvlagstrand met 'n getypoel, rotspoele, visvang en branderplankry en veilige swemplek met lewensredders aan diens. Gaste kan Captain's Anchor Pub and Restaurant onder die melkhoutbome besoek of van die gemeenskaplike braaigeriewe by die strand gebruik maak. Southport het 'n Total-vulstasie, Southport Superette and Bakery, 'n poskantoor, karwas en tandaarts vir noodgevalle. Al die geriewe is naby die huis.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.1/5
Debra-Lee Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Porter-weg 10, Southport, 4230, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Seashells Cottage het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Hibiskuskus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Porter-weg 10, Southport, 4230, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang