Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SEAesta Beach House

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Normandiestraat, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 000 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

SEAesta Beach House is 'n ruim selfsorghuis in Gansbaai, De Kelders, die Overberg. Dit is een van die beste walviskykbestemmings in Suid-Afrika.

Die huis het slaapplek vir 6 mense in 3 slaapkamers, en daar is 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en -leefarea, en 'n braaiplek langs 'n ruim patio met 'n see-uitsig en nog 'n braaiplek.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met stort en toilet, en 'n privaat leeshoekie. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer. Dié twee kamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, en toilet. Al die slaapkamers het digte gordyne.

Die ruim kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, yskas, mikrogolf, koffiemasjien en kombuisgerei. Daar is 'n opwaskamer en 'n wasgoedarea met 'n wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser, strykyster en strykplank. Die leefarea het 'n plasma-TV met volledige DStv en WiFi en daar is oorgenoeg bordspeletjies vir gesinspret.

SEAesta Beach House het 'n dubbelmotorhuis met sekuriteitsensors. Ekstra parkeerplek is op die perseel beskikbaar vir 2 motors. En die huis se alarmstelsel is gekoppel aan gewapende reaksie (24 uur).

Dié strandhuis is naby Die Plaat se toegangshek wat deel is van die Walker Bay Natuurreservaat. Die Plaat is 'n lang, ongerepte strand met sandsteenrotse in die ooste. Daar is talle staproetes langs die kus, sowat 200 m van die huis af. Klipgatgrot is een van die Wes-Kaap se belangrikste kulturele bates - dit is loopafstand van die huis af.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Maretha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 10 Normandiestraat, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink SEAesta Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Normandiestraat, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUxMDQ2MmVkLTUxYzMtNGZiMC1hNTg3LTI3ZDA2MDM2ODZjMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag, vir 6 mense 23 5 1 5 10 Normandie Street De Kelders 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.549224 19.375617

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang