Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SEAesta Beach House

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Normandiestraat, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 000 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

SEAesta is 'n ruim selfsorgvakansiehuis in die bekende area van Gansbaai, De Kelders in die Kaapse Overberg, wat een van die beste walviskykgebiede in Suid-Afrika is.

Die huis bied slaapplek aan 6 mense en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en -leefarea, en 'n braai-area wat aangrensend is aan 'n ruim patio met 'n see-uitsig en buitebraai.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet, en 'n privaat leeshoekie. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers deel 'n badkamer met 'n bad, 'n stort en 'n toilet. Al die slaapkamers het uitsluitgordyne.

Die ruim kombuis is volledig toegerus met stoof, yskas, mikrogolf, koffiemasjien en alle toebehore wat benodig word. Daar is 'n opwaskamer en wasarea toegerus met 'n wasmasjien, 'n tuimeldroër, skottelgoedwasser, strykyster en strykplank. Die leefarea het 'n plasma-TV met volledige DStv en WiFi, asook oorgenoeg bordspeletjies wat gesinsvermaak verseker.

Die huis het 'n dubbelmotorhuis met sekuriteitsensors vir 2 voertuie. Daar is addisionele parkeerplek van die straat af vir 2 voertuie. Die strandhuis is toegerus met 'n alarmstelsel wat gerugsteun word deur 'n 24-uur gewapende reaksie.

Die strandhuis is naby die ingangshek van Die Plaat, deel van die Walkerbaai-natuurreservaat. Die Plaat is 'n lang strand van ongerepte wit sand en klipperige kalksteen uitlopers na die ooste. Daar is talle staproetes na die seestrande sowat 200 m van die huis af. Klipgatgrot wat een van die belangrikste kultuurbates in die Wes-Kaap is, is stapafstand van die huis af.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 23 resensies vir SEAesta Beach House
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Maretha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 10 Normandiestraat, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink SEAesta Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Normandiestraat, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUxMDQ2MmVkLTUxYzMtNGZiMC1hNTg3LTI3ZDA2MDM2ODZjMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag, vir 6 mense 23 5 1 5 10 Normandie Street De Kelders 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.549224 19.375617

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang