Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SEAesta Beach House

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Normandiestraat, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 800 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

SEAesta is 'n ruim selfsorgvakansiehuis in die bekende area van Gansbaai, De Kelders in die Kaapse Overberg, wat een van die beste walviskykgebiede in Suid-Afrika is.

Die huis bied slaapplek aan 6 mense en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en -leefarea, en 'n braai-area wat aangrensend is aan 'n ruim patio met 'n see-uitsig en buitebraai.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet, en 'n privaat leeshoekie. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers deel 'n badkamer met 'n bad, 'n stort en 'n toilet. Al die slaapkamers het uitsluitgordyne.

Die ruim kombuis is volledig toegerus met stoof, yskas, mikrogolf, koffiemasjien en alle toebehore wat benodig word. Daar is 'n opwaskamer en wasarea toegerus met 'n wasmasjien, 'n tuimeldroër, skottelgoedwasser, strykyster en strykplank. Die leefarea het 'n plasma-TV met volledige DStv en WiFi, asook oorgenoeg bordspeletjies wat gesinsvermaak verseker.

Die huis het 'n dubbelmotorhuis met sekuriteitsensors vir 2 voertuie. Daar is addisionele parkeerplek van die straat af vir 2 voertuie. Die strandhuis is toegerus met 'n alarmstelsel wat gerugsteun word deur 'n 24-uur gewapende reaksie.

Die strandhuis is naby die ingangshek van Die Plaat, deel van die Walkerbaai-natuurreservaat. Die Plaat is 'n lang strand van ongerepte wit sand en klipperige kalksteen uitlopers na die ooste. Daar is talle staproetes na die seestrande sowat 200 m van die huis af. Klipgatgrot wat een van die belangrikste kultuurbates in die Wes-Kaap is, is stapafstand van die huis af.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Esme V
Gesin met tieners
5.0
Fantasiese waarde en diens. Ons het heerlik gekuier. Die huis is baie goed toegerus en het alles wat jy nodig het. Arend was die beste gasheer wat ons...
Sien meer
Sep 2024
Karin B
Saam met vriende
5.0
Lekker ruim en goed toegeruste huis. Lekker en skoon leefhuis met alles wat nodig is. Ons was dankbaar vir die binnenshuise braai, aangesien dit heelt...
Sien meer
Sep 2023
Beulah B
Saam met vriende
5.0
Location is fantastic, tranquil and house very well fitted for one's needs. We fully enjoyed our stay and will certainly be back. The p...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023
Liana S
Saam met lewensmaat
5.0
Lieflike huis met als wat jy benodig. Lieflike en goed ingerigte huis met als wat jy nodig het om heerlik vakansie te hou en te rus. Arend het ons gas...
Sien meer
Apr 2023
Shane S
Gesin met tieners
4.6
Comfortable house, well equipped. We enjoyed our stay. The house is well equipped, especially the large air conditioner in the lounge/l...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Maretha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 10 Normandiestraat, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink SEAesta Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 800
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 2 800
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Normandiestraat, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUxMDQ2MmVkLTUxYzMtNGZiMC1hNTg3LTI3ZDA2MDM2ODZjMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 800 per nag, vir 6 mense 24 5 1 5 10 Normandie Street De Kelders 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.549224 19.375617

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang