Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Seafront House

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seaview-rylaan 139, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Seafront House is 'n ruim selfsorghuis wat ideaal is vir 'n gesinsvakansie in Franskraal. Dit is sowat 3 km suidoos van Gansbaai. Dit bied direkte toegang tot die strand en spog met 'n 180-grade see-uitsig.

Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n see-uitsig en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamer het ook elkeen 'n koningingrootte-bed. Die en suite-badkamer in die tweede slaapkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n addisionele badkamer met 'n bad en stort, asook 'n gastetoilet. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die lugtige oopplan-leefarea en -eetarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, lugbraaier, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n sentrale houttafel met stoele toegerus is. Gaste het toegang tot 'n opwaskamer met 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 8 en 'n knus sitarea met oorgenoeg gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Netflix. Gratis onbeperkte WiFi is ook beskikbaar.

Die huis beskik ook oor 'n balkon met 'n uitsig oor die pragtige strand, buitemeubels en braaigeriewe. Gaste wat op soek is na buite-aktiwiteite kan lang ente op die strand gaan stap of lekker ontspan terwyl hulle visvang.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3

Toilet
Badkamer 4

Stort, Bad

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Ligging

  • Seaview-rylaan 139, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seaview-rylaan 139, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdb9078010cf51a22fb8cdc983e8f8f9c63d58911037196e55833488ac190d2bc9e6af11917d6e247f46787ac6c055b4e148f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8) 139 Seaview Drive Franskraal 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -34.6089703 19.3924775

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang