Seagull 412
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige R500 administrasiefooi per bespreking.
Prys sluit in
- Selfsorg
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1200 moet direk aan die eiendom betaal word.
Huisreëls
Hierdie eiendom het kragondersteuning in die geval van beurtkrag.
Gaste het ook toegang tot WiFi.
Linne en handdoeke word voorsien.
Daar is 'n wasgoeddiens teen ekstra koste op die eiendom.
Gaste moet hul eie handdoeke vir swem en bad saambring.
Gaste moet ook hul eie DStv-dekodeerder met 'n afstandbeheer en slimkaart saambring. Explora-dekodeerders werk nie.
Daar is 'n boorgat vir basiese watergebruik, maar nie vir drinkwater nie.
Ekstra parkeerplek kan teen 'n ekstra koste gereël word.
Die adminfooi is by die kwotasie ingesluit.
Die terugbetaalbare breekskadedeposito moet voor aankoms betaal word en is nie by die tarief ingesluit nie.
Die besprekingsooreekoms wat aan die kliënte gestuur sal word nadat die deposito betaal is, moet ingevul en teruggestur word voor aankoms. Sleutels sal nie oorhandig word sonder dat die nodige dokumentasie aan die bestuurder verskaf is nie.
Die breekskadedeposito sal binne 14 werksdae na die uitklokdatum terugbetaal word, minus enige aftrekkings vir breekskade.
Sou die eiendom opsetlik, of perongeluk, beskadig word, stem jy in om vir enige vermelde skade te betaal indien dit die bedrag van die breekskadedeposito oorskry.
Sou jy by die perseel aankom en opmerk dat daar skade is, is die onus op jou om ons onmiddellik daarvan in kennis te stel.
Die breekskadedeposito sal in bewaring gehou word en aan die rekeninghouer wat deur jou genomineer word, uitbetaal word.
Onthou asb. om jou rekeningbesonderhede aan die bestuurder te e-pos.
Maak asb. seker dat die uitstaande balans in die bestuurder se bankrekening reflekteer 7 dae voor die inklokdatum.
Moet asb. nie die maksimum hoeveelheid gaste wat in die eenheid toegelaat word, oorskry nie. Indien gaste versuim om aan hierdie versoek te voldoen, sal uitsetting plaasvind sonder terugbetaling en sonder 'n kennisgewingsperiode.
Geen rook word binne enige van die eenhede, woonstelle of huise toegelaat nie. Indien gaste in die huis rook, sal hulle die breekskadedeposito ten volle verloor.
Indien gaste 'n skoonmaakdiens nodig het moet dit voor aankoms gereël word. Dis op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar indien 'n skoonmaker beskikbaar is.
Skoonmaakdienste is nie op Sondae en openbare vakansiedae beskikbaar nie.
Just Property kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies of ongerief aan ons huurders weens enige dade buite ons beheer nie. In die geval dat enige toestel buite werking is, sal ons nie verantwoordelik gehou kan word vir die vervanging daarvan nie.
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Die terugbetaalbare breekskadedeposito is 2 weke voor die inklokdatum betaalbaar en is nie by die tarief ingesluit nie.
In sekere gevalle wanneer ’n deposito betaal is en die gas wil kanselleer, sal daar ’n nie-terugbetaalbare kansellasiefooi van R500 gehef word. Hierdie R500 is bo en behalwe die persentasie wat reeds as die kansellasiefooi gemeld is.
Meer as 1 maand voor inklok, 50% van die deposito word terugbetaal.
Meer as 2 weke voor inklok, 25% van die deposito word terugbetaal.
Minder as 2 weke voor inklok, 0% van die deposito word terugbetaal.
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Warwich-laan, Seagull Holiday Flats, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang