Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SeaHouse

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bokkomdraai-straat 8, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

SeaHouse is in die skilderagtige kusdorpie Jacobsbaai aan die Weskus geleë en bied pragtige selfsorgverblyf met 'n strandtema en 'n privaat ingang. Dit bied 'n lieflike kuservaring met 'n wonderlike sonsondergang-uitsig en is net 50 m vanaf die strand.

Gaste kan tussen 2 woonstelle op die boonste verdieping met slaapplek vir 2 gaste óf 'n selfsorghuis met slaapplek vir 4 gaste wat op die onderste verdieping is, kies. Elke woonstel beskik oor 'n oopplan-ontwerp en die een woonstel het 'n koningingrootte-bed en die ander woonstel het 2 enkelbeddens. Elke woonstel se badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Hierdie eenhede sluit 'n kombuisie in wat met 'n tweeplaatstoof met 'n oondjie, mikrogolfoond, yskassie, eetgerei, breekware en 'n eetkamertafel met sitplek vir 2 toegerus is.

Die grondverdieping-eenheid bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers wat onderskeidelik 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens het. Die 1 badkamer het 'n bad en 'n stort en die tweede badkamer het 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien. Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n kaggel.

Al 3 eenhede het gratis WiFi en 'n slim-TV met Netflix en YouTube. Tydens beurtkrag sal die ligte, WiFi en TV deur 'n omsetter aangedryf word. Buite elke eenheid is daar 'n privaat stoep met buitesitplek en braaigeriewe. Hierdie eiendom is stapafstand vanaf die strand en bied 'n gedeeltelike see-uitsig.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Kira Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Bokkomdraai-straat 8, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
  • Gaste dink SeaHouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 050
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 050
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bokkomdraai-straat 8, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3adf38af8290e698ce84bdf8909f5ffdefa87458711641379a9dc4bf02ca999bb1e81d7e8e097830fd4baed43a2f1a45b95a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 8 Bokkomdraai Street Jacobs Bay 7395 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.970099 17.887103

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang