Seals Beach Tiny House
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Suffolk-laan 2, Seal Point Apartments 25, Kaap St. Francis, 3610, Oos-Kaap
- Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Seals Beach Tiny House is 'n smaakvolle eenheid in Seal Point, Kaap St. Francis. Die verblyf is ideaal vir 'n kuswegbreek met branderplankrygeleenthede op 'n Blouvlag-swemstrand asook voetslaan- en bergfietsroetes in die omgewing.
Die eenheid op die grondverdieping is ideaal vir 'n paartjie of 'n enkelreisiger en beskik oor 'n oopplan-ontwerp wat bestaan uit 'n leefarea en toegeruste kombuis, 'n koningingrootte-bed en en suite-badkamer met 'n stort.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, lugbraaier, broodrooster, ketel en gasstoof toegerus. Boonop kan gaste ontspan in die hangmat onder die prieël op die houtdek en die afgesonderde tuin het 'n skottelbraai en sitplek. 'n Gemeenskaplike swembad en boma-area is op die perseel beskikbaar.
Koffiewinkels, restaurante en gimnasium is alles binne stapafstand.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Suffolk-laan 2, Seal Point Apartments 25, Kaap St. Francis, 3610, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Kaap St. Francis St. Francis Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Suffolk-laan 2, Seal Point Apartments 25, Kaap St. Francis, 3610, Oos-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang