Sean
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Point Village-pad, Point Village, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
- Vanaf R1 575 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Sean's House is 'n bekoorlike selfsorghuis in Mosselbaai, in 'n veilige woonlandgoed. Dit is net 'n hanetreetjie van die strand af, en stapafstand van verskeie winkels af.
Die huis het 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n oopplan-leefarea met 'n TV en 'n volledig toegeruste kombuis. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. In die leefarea is daar 'n slaapbank, 'n TV met DSTV-kanale en 'n DVD-speler en 'n musiekstelsel. Die kombuis het 'n vierplaatstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en wasmasjien. Vanuit die oopplan-leefarea lei daar 'n lieflike braai-area en op die eerste verdieping is 'n sonnige dekarea met 'n skouspelagtige uitsig oor die see.
Mosselbaai het lieflike strande en branderplankryplekke, historiese argitektuur, verskeie museums en 'n ou werkende hawe. Ander doendinge sluit haaihokduik, bootritte en staproetes in.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Point Geverifieer
Eiendomme 51
Resensies 167
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Point Village-pad, Point Village, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Beacon Point Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Point Village-pad, Point Village, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang