Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Seas the Day

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zee-singel 2918, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R7 810 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Seas the Day is 'n bekoorlike, selfsorgverblyf op die Langezandt Fisherman's Village Estate, Struisbaai, en bied ononderbroke see-uitsigte en direkte toegang tot die hoofstrand, wat dit ideaal maak vir 'n gesinsvakansie.

Dié verblyf bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 'n hoofhuis en 'n kothuis. Die hoofhuis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers, terwyl die kothuis 1 en suite-slaapkamer het. Die eerste en tweede slaapkamers is bo. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Albei slaapkamers lei na 'n balkon met 'n uitsig oor die see. Die oorblywende 2 slaapkamers is onder. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, terwyl die vierde slaapkamer 2 driekwartbeddens het. Gaste deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort, en hulle het toegang tot die beskutte binnehof. Die slaapkamer in die kothuis het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n bad en 'n stort. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en wasmasjien-tuimeldroër in die opwaskamer. Die sitarea en eetareas het gemaklike sitplek vir gaste om te eet en te ontspan, en daar is 'n kaggel. 'n TV met DStv-kanale en Netflix is beskikbaar in die TV-kamer, asook in sommige van die slaapkamers. Gratis WiFi word ook voorsien.

Die huis spog met 2 buitebraai- en eetareas met sitareas, waarvan een 'n uitsig oor die see het en die ander in die binnehof is. Verder het gaste toegang tot die tuin en veilige parkeerplek op die perseel. Die verblyf het sonkrag, en word nie deur kragonderbrekings geraak nie.

Struisbaai is die tuiste van die langste ononderbroke strand in die suidelike halfrond en is 'n paradys vir vissermanne, branderplankryers en vlieërbranderryers. Die verblyf is ook 'n kort entjie se ry vanaf Kaap Agulhas, 'n gewilde toeriste-aantreklikheid en die mees suidelike punt van Afrika.

Kamer-opset

Kapasiteit: 10 Aantal kamers: 5 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 4

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Jeanne Geverifieer

Eiendomme 23

Resensies 43

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Zee-singel 2918, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R7 810
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R7 810
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zee-singel 2918, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA34c9ec0d01d1d500b15129dbf2918ad3f490708b5f46533e41915645852acf77eaf46e61367d8230d27b4e0de13fbde82064?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 810 per nag (plek vir 10) 2918 Zee Cresent Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.785420753241 20.04462531742

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang