Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Seascape Lodge 38 Uvongo

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: Nicholson-rylaan, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R370 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Seascape Lodge 38 Uvongo bied gerieflike selfsorgverblyf op die eerste vloer van 'n veilige kompleks in Uvongo, net 800 m van Uvongo se hoofstrand af en 7 minute van Shelly Beach af.

Hierdie selfsorgwoonstel beskik oor 'n hoofslaapkamer, 'n badkamer en 'n oopplan-leefarea, -eetarea en kombuisarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die badkamer beskik oor 'n stort-oor-bad, die oopplan-leefarea het 'n enkelbed en 'n tripelstapelbed. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, 'n oond en stoof, 'n mikrogolf, 'n ketel, eetgerei en breekware toegerus. Die woonstel het toegang tot ondergrondse parkeerplek en gaste kan ook gebruik maak van die gemeenskaplike swembad en braaigeriewe.

Beddegoed word voorsien, maar gaste moet hul eie komberse saambring. DStv-toegang is beskikbaar, maar gaste moet hul eie dekodeerder/Explora en slimkaart saambring. Slegs die skottel word voorsien. Gaste moet ook skoonmaakmiddels en afdrooglappe saambring.

Let asseblief daarop dat geen diere of troeteldiere van enige aard toegelaat word nie.

Seascape Lodge is naby 'n Spar-kruidenierswinkel en 'n seekosrestaurant geleë. Uvongo is 'n ontspanne vakansiedorpie aan die Hibiscuskus van KwaZulu-Natal. Hier kan jy luilekker dae op die strand deurbring, reservate besoek, by restaurante gaan eet, in winkels gaan rondsnuffel en 'n potjie gholf speel. Nabygeleë besienswaardighede en doendinge sluit die sardientjieloop tussen Mei en Julie, Uvongo Natuurreservaat, Oribi Gorge Natuurreservaat, Riverbend Krokodilplaas, Skyline Natuurreservaat en die strande aan die Suidkus in.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Area 1
Plek vir 4 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xTripelstapelbed
Badkamer

Stort-oor-bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 50 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Susan M
Gesin met klein kinders
5.0
Wens kon langer. Baie goeie skoon netjiese plekkie om te kon gaan. Eienaar ook vreeslik aangenaam.
Des 2023
Sohna V
Gesin met tieners
5.0
Perfek vir 'n klein groepie mense, ideaal geleë en letterlik loopafstand van alles. Baie oulike en netjiese plekkie, sal beslis weer terug gaan!
Des 2023
Leigh-anne N
Saam met vriende
5.0
Lovely accommodation. Everything you need to get away and relax. Close to all amenities. Perfect and safe. We enjoyed our stay so much,...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023
Mariska K
Gesin met klein kinders
5.0
Lekkerste woonstel. Wanneer ons weer see toe gaan, soek ek dieselfde eenheid.
Apr 2023
Leon G
Gesin met klein kinders
4.6
Baie rustig en veilige plek met goeie waarde vir geld. Dit is vir seker die moeite werd en jy kry meer waarde vir dit wat jy betaal het. Alles werk en...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Anna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 50

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Nicholson-rylaan, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Seascape Lodge 38 Uvongo het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R370
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R370
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: Nicholson-rylaan, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ1Y2E1YTUxLWNhNGMtNGU2Yi1hNjRkLWJhZWZmOWVkMjEzMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R370 per nag (plek vir 6) 50 5 1 5 Nicholson Drive Uvongo 4270 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-19:00 08:00 -30.831474849759 30.395980775356

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang