Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Seaside Village Penthouse F23

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Otto du Plessis-rylaan, Seaside Village, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 700 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Seaside Village Penthouse F23 is 'n majestueuse dakwoonstel in Bloubergstrand met 'n uitsonderlike uitsig oor die see, Robbeneiland en op Tafelberg. Dit is in die Big Bay-area en geskik vir gaste wat op 'n sakereis of vakansiewegbreek is by Seaside Village.

Dié dakwoonstel bied verblyf aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n see-uitsig en 'n koninggrootte-bed, asook 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort, 'n toilet en wasbak. Die kamer het 'n slim-TV met toegang tot DStv Now en Netflix. In die tweede slaapkamer is 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gastebadkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n stoof, 'n oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, skottelgoedwasser, en eetgerei en breekware. Daar is 'n ontbyttoonbank en die eetarea het sitplek vir 6 mense. Die sitarea het 'n gemaklike stel rusbanke en 'n platskerm-TV met toegang tot DStv, Netflix en Showmax. Gratis WiFi word voorsien.

Die ruim sitarea lei na 'n groot vermaakstoep met 'n gasbraai, sonstoele en etenstafel. Hier is 'n uitsig oor die oseaan, Robbeneiland en op Tafelberg. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is beskikbaar. Die verblyf het ook 'n omsetter en word nie deur beurtkrag geraak nie.

Hierdie dakwoonstel is voor die Seaside Village-winkelsentrum in Big Bay, Bloubergstrand. Die promenade by die strand is net 200 m ver. Seaside Village bied gaste die opwinding van 'n strandvakansie. Bloubergstrand is 'n kort entjie se ry en daar is baie restaurante en kroeë in die area. Kaapstad se middestad is 30 minute se ry ver en die Weskus is 'n uur se ry.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Ilse W
Saam met vriende
5.0
Heerlik gekuier saam met hartsmense. Baie mooi en netjiese woonstel. Sal dit beslis aanbeveel.
Jul 2024
Mario D
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent all round. Fantastic views. Every amenity is taken care of. Spotless. Very secure. Basement parking. Felt very safe with the ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2023
Marika A
Saam met vriende
5.0
Absoluut perfek! Alles was perfek, van die ligging tot die diens en persoonlike aandag van die gas vrou, Cecilia, was ons kuier saam met vriende wonde...
Sien meer
Aug 2023
Friedel V
Gesin met tieners
5.0
Baie heerlike kuiernaweek in 'n goed ingerigte woonstel met die mees perfekte uitsig. Die ligging van hierdie akkomodasie is in meer as een opsig perf...
Sien meer
Mei 2023
Jandri D
Gesin met tieners
5.0
Pragtige uitsig en baie gerieflik geleë naby die sentrum. Kan regtig nie vir beter vra nie. Die parkering is baie veilig. Alles is beskikbaar wat beno...
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Host Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 689

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Otto du Plessis-rylaan, Seaside Village, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seaside Village Penthouse F23 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 700
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 700
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Otto du Plessis-rylaan, Seaside Village, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9697b05ea8d9b79976ab594bbb8b2acea5f91852f678ef32729ae6c495287b972ef5fe63d4de722ab15a6517846e4b673099?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 700 per nag (plek vir 6) 10 5 1 5 Otto du Plessis Drive Seaside Village 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.7880333 18.4563735

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang