Seasons Golf, Leisure and Spa
Kry 40% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 23 Okt 2024 tot 5 Nov 2024.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 32 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 116 Hartbeesfontein Plaas 445JQ, Seasons Eco Estate, Ou Rustenburg-pad, 10 km buite Brits, 0250, Noordwes
-
Vanaf
R2 670R1 602 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Seasons Golf, Leisure and Spa is 'n ontspanningsoord in die hartjie van die Suid-Afrikaanse bosveld met 121 hektaar se inheemse skoonheid, teen die noordelike skuinstes van die Magaliesberge. Die oord is min of meer 'n uur se ry vanaf Sandton en Pretoria. Gaste kan by die spa ontspan en 'n rondte gholf geniet, gehaltetyd saam met hulle gesinne deurbring of een van die verskeie besienswaardighede in die Hartbeespoort-streek besoek.
Verblyf word in luukse lodge-kamers, luukse lodge-eenhede, Premium Villas en Superieure Villas gebied. Die luukse lodge-kamers is ruim en het baie natuurlike lig en 'n moderne aanleg. Die luukse lodge-eenhede is ideaal vir groepvakansies of groter gesinne. Gaste kan 1 tot 4 slaapkamers met 'n kuierarea bespreek. Die Premium Villa is 'n dubbelverdieping-eenheid met lugversorging, 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n slaapbank. Die Superieure Villa het 3 slaapkamers en 2 badkamers, en is die ideale opsie vir 'n gesinswegbreek.
Die bekroonde spa bied verskeie behandelings wat deur die seisoene geïnspireer is: Ontspanning in die somer, varsheid in die winter, die belofte van lente en vrede tydens herfs. Die oord bied geriewe vir die hele gesin, onder meer verskeie buitelugswembaddens wat elkeen 'n unieke kenmerk het, voetslaan-, draf- en bergfietspaadjies, voëlkyk, 'n boma-area, 'n gholfbaan, 'n restaurant en koffiewinkel, 'n geriefswinkel, putt-putt, 'n enorme skaakbord, 'n speelgrond vir kinders, asook konferensie- en vergaderkamers.
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Tee
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
3.9/5
Touch Down
Africa
Eiendomme 10
Resensies 227
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Erfdeel 116 Hartbeesfontein Plaas 445JQ, Seasons Eco Estate, Ou Rustenburg-pad, 10 km buite Brits, 0250, Noordwes
- Gaste dink Seasons Golf, Leisure and Spa het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Hartbeespoort Bojanala Noordwes
- Kapasiteit: 32 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 116 Hartbeesfontein Plaas 445JQ, Seasons Eco Estate, Ou Rustenburg-pad, 10 km buite Brits, 0250, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang