Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SeasTheDay Beachfront Holiday Home

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dwarsstraat 9, Schaapenzicht Kompleks, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 875 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

SeasTheDay Beachfront Holiday Home is 'n selfsorg-eenheid aan die strand wat in die Schaapenzicht-sekuriteitskompleks in Langebaan geleë is en is 'n ideale vakansiebestemming vir gaste wat op soek is na 'n Weskus-wegbreek. Die wooneenheid het direkte toegang tot Langebaan se hoofstrand, wat welbekend is vir vlieërbranderry, seilplankry, swem en roeiplankry.

Dié vakansiehuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, en die derde slaapkamer is op die solder bo geleë en het 'n dubbelbed. Beide die tweede en derde slaapkamers deel die oorblywende badkamer wat toegerus is met 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak. Die slaapkamers op die onderste verdieping het ook 'n kleiner leefarea met 2 rusbanke.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, gasstoof, oond, skottelgoedwasser, wasmasjien, mikrogolf, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die kombuistoonbank dien ook as 'n etenstafel en die hoofleefarea is ingerig met 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV. Die skuifdeure lei na die stoep met 'n piekniektafel en braaigeriewe. Gaste kan op die golwende grasperk ontspan en asemrowende sonsondergang en see-uitsigte van die voorstoep af ervaar. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Dié eenheid is naby Langebaan se gewildste eetplekke geleë, asook 'n verskeidenheid winkels wat gaste kan verken.

Die eenheid het sonpanele en 'n omskakelaar vir gebruik tydens beurtkrag.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Op Die Straat

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Chantal F
5.0
Lagoon on your doorstep and gas stove useful during load shedding. The location was amazing. You can just walk a minute or two and have...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Ilze B
Gesin met tieners
5.0
Fantastiese wegbreek. Sien sterre.
Des 2023
Erlank V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike naweek. Baie vriendelike kommunikasie met incheck, verblyf en uitcheck. Stapafstand na Pearly's en die see. Lekker groot grasperk vir kinders...
Sien meer
Okt 2023
Jurita H
Gesin met klein kinders
5.0
Nice plekkie en die location is perfek met kinders. Gasvrou was baie vriendelik en die huisie was perfek netjies en net wat mens nodig het vir 'n nawe...
Sien meer
Okt 2023
Ingrid P
Gesin met tieners
5.0
Vreedsaam en uitstekende ligging. Perfekte ligging, binne loopafstand van die see en bekende restaurante. Die eienares, Tania, en gasvrou, Wilma, het ...
Sien meer
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Tanyia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Dwarsstraat 9, Schaapenzicht Kompleks, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink SeasTheDay Beachfront Holiday Home het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 875
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 875
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dwarsstraat 9, Schaapenzicht Kompleks, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA66f1bc887439dc0cc3f51aad506a7b62186b47619ad51f04a62b385019125c441317fe63cc094efcc3235abd4c98777405ae?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 875 per nag (plek vir 6) 7 5 1 5 9 Dwars Street, Schaapenzicht Complex Langebaan 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.089584372276 18.031144620664

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang