Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Seaview Villa

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seaview-singel 13, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Seaview Villa is 'n dubbelverdiepinghuis in die prentjiemooi dorpie Yzerfontein. Die huis is slegs 'n kort entjie se ry van die see af en is omring met inheemse fynbos.

Die huis het 3 smaakvol versierde slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is en suite en geleë op die eerste verdieping. Daar is ook 'n leefarea met 'n binnebraai, 'n leefarea met 'n TV en 'n eetkamertafel met sitplek vir 6. Die leefarea bied toegang tot die patio met uitsigte oor die manjifieke Atlantiese Oseaan.

Die grondvloer het 'n volledig toegeruste kombuis en 2 slaapkamers wat 'n volledige badkamer deel met 'n stort en aparte bad. Die kombuis is volledig ingerig vir selfsorg en sluit die volgende in: 'n mikrogolfoond, 'n oond en stoof, 'n yskas-vrieskas, strykyster en -plank en 'n ontbythoekie met stoele. Daar is ook 'n wasmasjien beskikbaar vir gaste.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die buitekant van die huis spog met 'n groot, omheinde tuin met 'n groot grasperk waar die kinders kan baljaar of waar jy net in die sonnetjie kan lê en bak. Daar is 'n dubbeltoesluitmotorhuis beskikbaar aan gaste.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 79 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Shinell W
Gesin met klein kinders
5.0
Stunning views! It was our first time visiting Yzerfontein and it was so refreshing. The house was perfect for our stay and had the mos...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Juliana J
Saam met vriende
5.0
Ontspanend. Fantasties, nogmaals baie dankie. Gasvrou is die beste. Plek is goed toegerus met alles en wat meer. Veilig. Baie dankie nogmaals.
Nov 2024
Gavin J
Saam met lewensmaat
5.0
Absolutely amazing. It was really tranquil. Seaviews did not disappoint. The house was well equipped with everything that we needed.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Sanet V
Saam met vriende
5.0
Heerlike huis. Heerlik gebly. Lekker ligging en goeie diens gekry.
Sep 2024
Lizelle A
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige ontsnap uit die stad. Ons het baie lekker gebly - die boonste verdieping is 'n heerlike kuierarea. Ons sal vir seker terug wees.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Johanna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 79

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Seaview-singel 13, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seaview Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 300
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 300
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seaview-singel 13, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk1ODRlNWZkLTUxZDktNDZjNi04ZjZkLTZmZGNmNzg5ZTNmOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6) 79 5 1 5 13 Seaview Crescent Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.363333600102 18.163345505488

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang