Seaway Sunsets
- Kapasiteit: 7 persone
- Geen kinders onder 7
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Seaway en Parkweg 4, Fisherhaven, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R4 500 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
Seaway Sunsets is 'n ruim selfsorghuis in Fishershaven op die oewer van die Botrivier-strandmeer. Dit bied 'n uitsig oor die riviermond en word deur berge omring. Dié huis is ideaal vir 'n gesin of groep vriende.
Hierdie huis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 1 kind. Dit beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koninggrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die vierde slaapkamer het 'n slaapbank vir 'n kind en dien as 'n deurgang met direkte toegang tot die tuin en braai-area. Hierdie slaapkamers deel die tweede badkamer met 'n stort-oor-bad. Al die slaapkamers het kaste en 'n spieëltafel, asook skuifdeure wat na die stoep en tuin lei. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, lugbraaier, broodrooster, ketel, eetgerei, breekware, 'n yskas-vrieskas en skottelgoedwasser toegerus. Die sit- en eetarea het gemaklike sitplek om te eet en te ontspan, asook 'n kaggel. Daar is 'n TV en gratis WiFi.
Die leefarea het skuifdeure wat na die houtdek met sitplek lei en bied 'n uitsig oor die privaat tuin en oor die strandmeer omring met berge. Daar is braaigeriewe en parkeerplek op die perseel. Die bekende Rooisand-wildeperde is ook in die omtrek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Sarah Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 8 maande
Ligging
- Hoek van Seaway en Parkweg 4, Fisherhaven, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Seaway Sunsets het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Fisherhaven Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 7 mense
- Geen kinders onder 7
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Seaway en Parkweg 4, Fisherhaven, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang