Sedge Island House
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Island Village 24, Paul Kruger-straat, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Vanaf R2 250 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Sedge Island House is in 'n stil sekuriteitskompleks op The Island in Sedgefield geleë. Dis 'n pragtige strand-villa wat tussen George en Knysna op die immergewilde Tuinroete in die Wes-Kaap lê. Dié dorpie word omring deur kristalhelder mere, plantbegroeide sandduine, digte denneplantasies, die Swartvlei-riviermonding en die warm Indiese Oseaan.
Die huis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. In die derde slaapkamer is daar 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer beskik oor 2 enkelbeddens. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies en 'n waskamer met 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel met 'n slim-TV en DStv. Die huis het ook optiesevesel-internet en WiFi.
Daar is 'n groot patio met braaigeriewe, sitplek en uitsigte oor die omheinde tuin. Parkeerplek is in 'n motorhuis beskikbaar. Dié gerieflike huis is op 'n veilige plek sodat die hele gesin 'n sorgelose, ontspanne vakansie kan geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Cathy Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 105
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Island Village 24, Paul Kruger-straat, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Gaste dink Sedge Island House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in The Island Sedgefield Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Island Village 24, Paul Kruger-straat, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang