Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sedgefield Island Holiday House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: President Burger-straat 15, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 200 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Sedgefield Island Holiday House is 'n bekoorlike selfsorgvakansiehuis wat ideaal geleë is op The Island, 'n kort entjie na die bekende Wild Oats Market in Sedgefield. Hierdie lieflike huis is troeteldiervriendelik en spog met 'n privaat swembad. Dit is ideaal vir 'n gesin of groep vriende wat saam reis.

Dié dubbelverdieping bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers. Die boonste verdieping beskik oor 3 slaapkamers waarvan 2 met 2 enkelbeddens ingerig is en die derde slaapkamer met 'n dubbelbed ingerig is. Die gedeelde badkamer het 'n bad, toilet en wasbak. Die vierde slaapkamer op die onderste verdieping is ingerig met 2 enkelbeddens en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n ekstra aparte badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n sitkamer, etenstafel en kroegarea, asook 'n kombuis wat goed toegerus is met 'n yskas, mikrogolfoond, oond en stoof, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n wasmasjien.

Skuifdeure maak oop op die gedeeltelik onderdakstoep met 'n etenstafel, wat op sy beurt lei na die baie ruim tuin met 'n ingeboude braai-area en privaat swembad, wat omhein is. Daar is genoeg buiteruimte vir kinders en troeteldiere om te hardloop en speel.

Ander geriewe sluit onbeperkte WiFi, 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale, lugversorging in die hoofslaapkamer en leefarea, herlaaibare ligte, alarmstelsel asook onderdakparkeerplek in.

Sedgefield, ook bekend as 'Africa's First Slow Town' is die tuiste van verskeie buitelugaktiwiteite, insluitend visvang, valskermsweef en strandswem. Daar is 'n wye verskeidenheid restaurante, winkels en natuurlik die plaaslike boeremark wat elke Saterdag plaasvind, net langs die pad van Sedgefield Island Holiday House af.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 4
Stort, Toilet
Badkamer 2

Bad, Toilet
Badkamer 3

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.0
Veiligheid
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Carene Geverifieer

Eiendomme 16

Resensies 27

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • President Burger-straat 15, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sedgefield Island Holiday House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R3 200
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: President Burger-straat 15, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1716bf0abc1d7e9bda79a7760f11244ff27f6ece0fd38a552d5b877e745be8358128409118ae1c96cd9d9277c25c1d47e6e5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 200 per nag (plek vir 8) 1 5 1 5 15 President Burger Street Sedgefield 6573 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -34.01652778949 22.780065558861

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang