Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sedgefield Kingfisher Cottage

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Jennifer B
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Apr 2023

'n Ontspannende vakansie, met al dit geriewe wat jy aan kan dink. 'n Goedt oegeruste vakansiehuisie, ons het nie eens geweet van loadshedding nie, perseel is toegerus met 'n inverter 'n groot plus, werkende DSTV en natuurlik vir die kinders WiFi vir as die weer nie saamspeel nie. Baie vriendelike gasheer en gasvrou. My enigste probleem was dat met ons aankoms 14:00 was die huisie nog nie klaar skoongemaak nie, die proses het nog geduur tot 15:30. Daar is verskoning aangebied, maar dis was nog steeds ongerieflik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Valerie B
Kort verblyf Saam met vriende
4.6
Feb 2024

Perfect, well maintained, relaxing. Fantastic, clean, organised, safe. Would recommend to friends and family. Even had an ashtray on the stoop. Made to feel very welcome.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Sean V
Kort verblyf Gesin met tieners
4.6
Sep 2023

We'll be back! Lovely hosts/good value and well-appointed accommodation. Inverter and DStv sport channels available! Little bit of maintenance needed, but highly recommend this accommodation!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Chris D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Mrt 2023

Privacy and comfort. Well-equipped, convenient cottage close to the lagoon. A super spot for a holiday.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Johan N
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Des 2021

Baie netjiese, veilige, goed versorgde, goed toegeruste eenheid met 'n toeganklike ligging. Ons het heerlik in Kingfisher Cottage gekuier. Die eenheid is uitmuntend toegerus met geriewe/toerusting van die hoogste kwaliteit. Die eenheid is verder so veilig soos wat dit kom en ons kon met 'n geruste hart die res van die Suid-Kaap gaan verken. Kingfisher Cottage is 'n uitstekende opsie vir aktiewe families wat nie beplan om heeldag by die huis te lê nie. Alhoewel jy dit sou kon doen met volle DStv, WiFi en genoeg spasie vir mededingende bordspeletjiekampioenskappe, is buite spasie beperk sonder die onbeperkte beskikbaarheid van 'n swembad. Dit het ons gesin van 6 egter nie gepla nie en ons het ons kuier verskriklik geniet. Die prys was billik in vergelyking. Ons kan Kingfisher Cottage toe oë aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Loftie B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Des 2021

Uiters professioneel. Netjies, prakties, veilig, goeie kliëntediens.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christelle R
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jun 2021

Skoon, netjies en ruim. Belinda is super georganiseerd en het baie duidelike instruksies gegee oor hoe alles werk, sy het selfs seker gemaak ek is bewus van die loadshedding-skedule in die omgewing. Pauline en Terence, wat ons ontvang het by die Cottage, was baie beleefd en hulpvaardig en het ons sommer dadelik tuis laat voel. Die eenheid was baie skoon en gesanitiseer, wat baie belangrik is op hierdie stadium. Ons het heerlik gebly en kan regtig Kingfisher Cottage aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Antoinette E
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Apr 2021

10 uit 10 waarde vir geld! Puik, puik en nogmaals puik! Ons het 'n paar dae voor ons daar moes slaap, volledige instruksies van die eienaar ontvang wat jou presies verduidelik hoe dit werk om in en uit te kom by die hek. Asook 'n volledige lys van lekker eetplekke. Hulle gaan uit hulle pad vir hulle gaste en doen ekstra moeite. Toe ons aankom, het die eienaar ons baie vriendelik verwelkom en gevra of ons enige iets nodig het en indien wel moet ons nie huiwer om te vra nie. Ons het absoluut niks benodig nie, alles was daar, meer as wat by sommige ander "self caterings" is. Die plek is so, so mooi toegerus met alles wat jy nodig het en dit het 'n huislike atmosfeer. Al wat ons ondervind het is dat die Wifi nie wou werk nie, maar dit het ons nie gepla nie, ons was daar om tyd saam te geniet, nie om op selfone te sit nie, maar ek is seker as ons gevra het, sou hulle dit reggestel het. Ons het voorwaar baie lekker gebly en kan oor niks kla nie. Dit was "spotless" netjies en skoon. Die dame wat skoonmaak was die volgende oggend ook baie goed-gemanierd, behulpsaam en baie vriendelik! Ons sal voorwaar sonder twyfel weer daar gaan bly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andrew B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Feb 2021

Dit was 'n heerlike, gerieflike smaakvolle plekkie, ons is baie vriendelik ontvang en sal vir seker kan aanbeveel vir naweek, selfs voldoende vir langer tydperk. Ons het baie meer ontvang as wat ons verwag het. Die plekkie is baie goed beplan en voorsien aan al mens se verwagtings en nog meer. Die enigste negatief wat ek kan noem, maar wat baie maklike reggestel kan word is die motbolle wat minder aangename reuk gee! Dalk kan eienaar ietsie meer natuurliks oorweeg met dieselfde uitwerking. Maar vir seker sal ons weer daar bespreek en ook aanbeveel.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Thea M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2020

Baie mooi plekkie, op die oewer van die strandmeer. Pragtig! Baie goed toegerus, pragtige meubels en dekor. Sal vir seker teruggaan!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Belinda Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 26

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
Vanaf R1 950
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R1 950
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kingfisher-rylaan 23, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAwnHMU7gQ9DjquoZXOpuQx6p5gfO1o6q4KiMXw61H0xmSFquqII?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 950 per nag, vir 6 mense 14 5 1 5 23 Kingfisher Drive Sedgefield 6573 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.02042791405 22.802242576127

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang