Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sedgies Self-catering Apartments

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fisantstraat 20, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 R810 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Sedgies Self-catering Apartments bied gaste gerieflik gemeubileerde verblyf in Sedgefield.

Verblyf word gebied in 2 dupleks selfsorgwoonstelle wat op die perseel van die hoofhuis geleë is.

Woonstel 1 beskik oor 2 slaapkamers, 'n en suite-badkamer, nog 'n badkamer, 'n gastetoilet, kombuis en 'n sitarea. Die eerste slaapkamer is op die eerste verdieping en het 'n dubbelbed, ingeboude kaste en 'n spieëltafel. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, ingeboude kaste en 'n en suite-badkamer. Daar is nog 'n badkamer met 'n groot bad en 'n stort. Strykgeriewe en 'n klerereling is beskikbaar. Die oopplan-kombuis is op die grondvloer en is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Etes kan by die etenstafel geniet word en gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n TV met OpenView. Die gastetoilet is op die grondvloer.

Woonstel 2 beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer, kombuis en sitarea. Die eerste slaapkamer is op die eerste verdieping en het 'n dubbelbed en 'n TV met OpenView. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die twee kamers deel 'n badkamer wat 'n stort, bad en 'n toilet het. Daar is 'n gastetoilet op die grondvloer. Strykgeriewe en 'n klererak is beskikbaar. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring. Die oopplan-kombuis is op die grondvloer en is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Etes kan by die etenstafel geniet word en die sitarea het 'n TV met OpenView-kanale.

Braaigeriewe is beskikbaar vir gaste om te gebruik.

Sedgies Self-catering Apartments is 2 km vanaf die strandmeermond en Myoli-strand geleë, en Sedgefield bied verskeie doendinge soos swem, valskermsweef en verskeie voetslaan- en staproetes. Gaste kan ook die Wildernis Nasionale Park of Goukamma Natuurreservaat besoek vir voëlkyk, en visvang en ontspan by die Groenvlei-meer.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.3
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.0
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Revona Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Fisantstraat 20, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sedgies Self-catering Apartments het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
R900 R810
per nag, vir 2 mense
Vanaf R900
R900 R810
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fisantstraat 20, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA59bb8ccfe8fa6a59699084c612865ff4428e0cb312eddc89e242345c547b9c17969e473e82022e327e7ff7fc3fe59da4fcaf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R900 nouVanaf R810 per nag, vir 2 mense 4 5 1 5 20 Fisant Street Sedgefield 6573 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.019393882617 22.806705827969

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang