Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Seebederfie

Gastehuis
Op die Nippertjie-aanbod 20% af

Kry 20% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ottosrust 15 A, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 650 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Seebederfie is 'n pragtige gastehuis in Groot-Brakrivier op die Tuinroete en bied verblyf in 4 gastekamers met ononderbroke uitsigte oor die Indiese Oseaan en op die Outeniekwaberge.

Die gastehuis beskik oor 'n ruim Superior-koningkamer en 3 Deluxe-dubbelkamers wat elk met 'n pragtige uitsig oor die see spog. Die Superior-koningkamer is perfek vir 'n wittebrood of 'n romantiese wegbreek.

Elke kamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Ander kamergeriewe sluit WiFi, 'n haardroër, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in.

Die kamers het groot skuifdeure wat na privaat stoepe lei en pragtige natuurlike lig inlaat wat die dekor komplementeer. Elke stoep het 'n ingeboude braai en 'n tafel met stoele.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.3
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Lee L
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker geslaap met die see in die agtergrond. Netjies en luuks. Baie lekker gebly.
Okt 2024
Chrisna M
Saam met lewensmaat
5.0
‘n Groot bederf! Wat ‘n fantastiese plek!
Okt 2024
Sakkie K
Saam met lewensmaat
5.0
Uitsonderlike verblyf. Die kamer was uitsonderlik en sal enige tyd weer teruggaan.
Sep 2024
Jennifer W
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderful! Wish we could have stayed longer! Great location, exquisite view of the sea and Mossel Bay in the distance across the bay. W...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Gisela G
Gesin met tieners
5.0
Asemrowend mooi. Baie dankie aan die gasheer en dogters vir 'n onvergeetlike see kuier.
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Johnny Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Ottosrust 15 A, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seebederfie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 650
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ottosrust 15 A, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA941baa8d0593b44f0881cd718d82749ce8b7cedfcc678881eef8e947b75788d97429f8bde7afe4b5e5b4e0fb4a097caa6e42?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 650 per nag (plek vir 2) 16 5 1 5 15 A Ottosrust Great Brak River 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -34.064230016309 22.207181320106

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang