Seedans
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rivieroewer 116, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Vanaf R4 900 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Seedans is aan die oewer van die Hartenbos-riviermonding en ideaal vir 'n familie of groep vriende. Die strand is net om die draai en dis ook naby verskeie besienswaardighede, winkels, restaurante en doendinge.
Die huis het 3 en suite-slaapkamers met slaapplek vir altesaam 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die derde slaapkamer het 'n tripelslaapbank en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Bo is ook 'n aparte TV-kamer vir die kinders (daar is DVD's en gaste kan hul eie DStv-dekodeerder saambring).
Die kombuis is toegerus met moderne toebehore vir sorgelose selfsorgverblyf en sluit 'n stoof, 'n oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware in. Die waskamer het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër.
In die eetarea is daar oorgenoeg sitplek en die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n TV ( bring eie DStv).Die leefarea bied toegang tot 'n patio met braaigeriewe en asemrowende uitsigte oor die strandmeer en die see.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Kinderbed vir 1
1 x Kinderstapelbed
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Linda Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 98
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Rivieroewer 116, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink Seedans het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hartenbos Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rivieroewer 116, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang