Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Seefront Familie Huis

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.4
Veiligheid
4.5
Salwa M
Kort verblyf
5.0
Jan 2024

Holiday filled with fun and adventure. Awesome stay in a well-located comfortable house.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Wilmarene C
Kort verblyf
4.8
Mei 2023

Puik, veral vir groot groepe. Dalk onpretensieus,maar so gemaklik! Fantastiese ligging, uitstekende diens en baie slaapplek. Enigste kwessies:vGeen motorhuise en ook geen WiFi.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Lanie
Seefront Familie Huis
Ons is opgewonde om aan te kondig dat WiFi nou beskikbaar is!

Marita V
Lang verblyf
4.8
Apr 2023

Sjoe! Heerlike ruim huis en woonstel, netjies en skoon. Uitsig is onverbeterlik, met dolfyne wat amper op die voorstoep 'n vertoning gelewer het. Agent was baie behulpsaam, dankie!

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nina L
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Okt 2022

Gemaklik, asemrowend en lieflik om saam te kuier. Uistekende gasheer en lieflike huis. 'n Baie lekker huis om net saam te kuier as familie en vriende.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marlene P
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2022

Fantastiese verblyf. Fantastiese huis! Ons het baie lekker gebly. Asemrowende see-uitsig! Ons sal beslis weer daar wil bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ansie D
Lang verblyf Gesin met tieners
4.6
Jan 2021

Netjies met 'n pragtige see uitsig. Baie netjiese groot huis met 'n pragtige see uitsig.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Shereeza B
Kort verblyf
4.4
Apr 2019

Eenvoudig maar netjies, en asemrowende uitsig. Sien sterre.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Pj L
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Des 2018

Heerlike tyd gehad met prima see-uitsig! Seefront Familie Huis is uitstekend geleë en bied fantastiese see-uitsig! Ons het ons tydjie daar terdeë geniet! Die huis is goed toegerus met alle benodighede.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Robert B
Kort verblyf
4.0
Apr 2018

Lekker gekuier. Huis het alles wat mens nodig het, genoeg slaapplek en die beddens is skoon opgemaak. Badkamers netjies met skoon handdoeke. Die aparte woonstel gedeelte is ook lekker. Al wat ek sal voorstel is om 'n bietjie instandhouding te doen (venster skaniere en grendels, deur slotte en knippe).

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Heleen L
Kort verblyf Saam met vriende
2.0
Sep 2018

Teleurstellend. Seefront Familie Huis was 'n reuse teleurstelling en vir my 'n verleentheid aangesien ek die groep daar heen geneem het. Breekgoed en woonarea se meubels lyk soos "ou scrap" wat gedump word omdat daar nerens vir dit plek is nie. Die skottelgoedwasser lek in strome. Een van die slaapkamers het geen gordyne of blinders nie. Die woonstel het geen bruikbare breekgoed of ketel nie. Die snyplanke en skottelgoedrak is te vieslik om te gebruik. Die gordyne hang plek-plek sonder ringetjies in sulke boepense. Die dubbelbed se kopstuk is te vuil om te dink jy wil jou kop daarteen laat raak. Buitedekligte werk nie. Asdrom was nooit leeggemaak nie. Geen huisskoonmaakdiens beskikbaar. In geheel 'n baie groot teleurstelling.

Netheid
1.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
1.0
Lanie
Seefront Familie Huis
Goeiedag Heleen, Ek is baie jammer om te verneem dat jy nie tevrede was met jou verblyf nie. Die eenheid is 'n familie huis waar ons as a familie baie jare wonderlike tye deurgebring het en steeds doen. Dit is n gesellige huis, wat perfek vir 'n seevakansie is. Die breekgoed en meubels is ou antiek stukke wat al generasies lank in ons familie is en wat van ons plaashuis af na die strandhuis gebring is. Ek is jammer as jy meer moderne goed verwag het. Ek is baie jammer vir die ongerief oor die skottelgoedwasser wat gelek het. Alhoewel, ek jou kan verseker dat daar absoluut geen fout met die masjien is nie. Die kombuis is oorgedoen 'n paar weke gelede en die bouers het per ongeluk die masjien rondgeskuif en die pyp nie korrek gekonnekteer toe hulle klaar met hulle werk was nie. Ek vra om verskonining dat ons dit nie nagegaan het nie. Julle het spesifiek vir 6 kamers gevra en ons het seker gemaak dat 6 kamers reggemaak was. Deel van die opknappingswerk van die huis is dat ons nuwe blindings in party kamers laat insit en die blindings vir daardie spesifieke kamer was nog nie gereed met julle koms nie. Ek is opreg jammer dat jy teleurgesteld was met julle verblyf.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Lanie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R 2 800
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 2 800
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 187, Reebok, 6503, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd16a01efe778b242d64f2b48fb9a86789d5e564902f0ee69a027d13fc77a777192f3ea834e27daf40be676f18f6fa6188758?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 800 per nag (plek vir 8) 10 5 1 5 187 Kus Road Reebok 6503 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.075232 22.179215

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang